Studente soek hul geld
Studente van verskeie instellings vir hoër onderrig en waaronder die Universiteit van Namibië (Unam) sowel as die Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) is tans by die kantoor van die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi om ’n petisie aan haar te oorhandig. Hul ontevredenheid en frustrasie hou verband met uitbetalings deur die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) wat glo nog nie gedoen is nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie