Studente moet nou gemeenskappe help water bespaar in stad
Studente moet nou gemeenskappe help water bespaar in stad

Studente moet nou gemeenskappe help water bespaar in stad

Navorsing oor hoe water beter gebruik kan word, sal veldtogte onder stadsinwoners lei.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



''n Bewusmakingsveldtog vir waterbesparing sal deur die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) se studente ontwerp en onder plaaslike gemeenskappe van stapel gestuur word, met die hoop om mense te help om meer water te bespaar.

Dit vorm deel van die Readathon-projek vir skole, wat nou uitgebrei is om universiteit­studente asook groter gemeenskappe in te sluit sodat daar vir ''n doel gelees word. As deel van die Readathon Inligtingsveldtog vir Waterbesparing, moet studente gevolglik navorsing doen en oplees oor maniere hoe water bespaar kan word en dan dié boodskap op verskillende maniere en in verskillende formate aan Windhoekse gemeenskappe oordra.

Dit volg nadat die belange­groepe uit plaaslike­ nywerhede, die Windhoekse munisipaliteit asook die ministerie van onderwys, kuns en kultuur ná die afloop van vanjaar se Readathon-projek vir primêre skole in die Khomasstreek, besluit het om die projek te vergroot. Die projek word tans deur die Namibië Biblioteek- en Argiefdiens bestuur en die mikpunt is om ''n kultuur van en ''n liefde vir lees in skole te vestig.

Me. Mazinza Ndala, senior onderrigbeampte by die ministerie, het gesê dié veldtog kan huidige en toekomstige geslagte help om bewus te wees van Namibië se waterskaars­te en leer hoe om dit te bespaar.

“Sonder beduidende veranderinge in ons waterverbruik in die volgende paar jaar, gaan Namibiërs moet toesien hoe hierdie hulpbron verminder en ons land minder volhoubaar raak. Water is een van die belangrikste beperkende faktore vir vooruitgang op maatskaplike, ekonomiese, nywerheids- en landbouvlak,” het sy gesê.

Me. Melissa-Jane Louw, die munisipaliteit se afdelingshoof van maat­skaplike welsyn, het gesê ''n samelewing sal water bespaar indien dit as ''n norm voorgehou word – wat mense motiveer om daarby in te koop.

Sy het gesê mense se ingesteldheid teenoor die besparing van water kan verander word deur hulle voortdurend met inligting oor die waternood en besparingsmeganismes in te lig. Soms kan skoktaktieke gebruik word om hul ingesteldheid hieroor te verander, soos byvoorbeeld die foto''s wat op sigaretboksies gedruk word om mense te oortuig dat rook ongesond is.

Sy het ook gesê om eindelik suksesvol te wees, sal studente maatreëls moet instel om vas te stel hoe hul boodskappe oor waterbesparing ontvang word, watter uitwerking dit het en wat gemeen­skappe se houdings oor waterverbruik en ­-besparing is.

Mnr. Dieter Tolke, die munisipaliteit se tegnikus vir wateraanvraagbestuur in die departement infrastruktuur, water en tegniese dienste, het getoon dat Windhoekers oor die afgelope vyf tot ses maande nie die teiken van 30% waterbesparings kon bereik nie en sedert die einde van Augustus net sowat 25% water of minder bespaar het.

Volgens hom sal Windhoekers noodgedwonge 30% water moet bespaar sodra die damme leeg is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!