Studente kry welstandsentrum
Augetto Graig - Die Universiteit van Namibië (Unam) spog nou met sy eie welstandsentrum vir studente.
Dié nuwe sentrum is Dinsdag by die universiteit se hoofkampus in Windhoek geopen.
By die geleentheid het me. Juliet Kavetuna, adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, gesê: “Die bekendstelling van die skool vir geneeskunde en verwante studieprogramme getuig van Unam se bydrae tot Namibië se gesondheidsorg.
“Studente wat grade behaal, veral in gesondheidsverwante velde, dra direk by tot die broodnodige menslike hulpbronne in die land.”
“Die welstandsentrum sal hopelik ander universiteite en opleidingsinstansies in Namibië aanspoor om Unam se voorbeeld te volg om soortgelyke fasiliteite op hul kampusse beskikbaar te stel,” sê sy.
Volgens Kavetuna beskik die sentrum oor die nuutste fasiliteite en gekwalifiseerde, professionele personeel.
“Ek is verheug daaroor dat, benewens die verskaffing van psigososiale gesondheidsdienste, die studentesentrum ook 'n opleidingsfasiliteit is.
Staatshospitale en klinieke kan nie die enigste indiensopleidingsentrums in die land wees nie,” het sy gesê.
Studentverpleegsters sal ook nou hul praktiese opleiding aan dié sentrum kan voltooi.
Volgens professor Ferdinand Gideon het die universiteitsbestuur gehoor gegee aan studente se versoek vir meer gesondheidsdienste.
Die nuwe sentrum het ook 'n ambulans wat by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geregistreer is om noodgevalle te hanteer, het Gideon gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie