Studente eindelik geholpe

14 June 2019 | Onderwys
Die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) sê die 12 624 nuwe studente wat vanjaar aanvanklik nie finansiële hulp sou ontvang nie, gaan nou wel ondersteuning ontvang.

Dit volg ná ʼn vergadering Maandag met die eerste minister, die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, amptenare van die ministerie van finansies, verteenwoordigers van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Swapo se jeugliga.

Teen Woensdag is befondsing vir twee derdes van dié studente verkry, terwyl ʼn finansieringsplan vir almal na verwagting binne die volgende twee weke opgestel sal word.

NSFAF het vroeër gesê hulle kort nog N$641 miljoen om dié studente se studies te ondersteun.

Foto NUST

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

4 ure gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

6 ure gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

16 ure gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

16 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

16 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

16 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...