Strydkinders maak wéér amok
‘n Groep “Struggle Kids” van Ndilimani-plaas het vandag ‘n grondpad by Brakwater versper en motorbande, asook ‘n onklaar minibus aan die brand gesteek.
Dít is om hul ongelukkigheid met die regering te toon wat sloer om opleiding en werksgeleenthede te verskaf, sê die groep.
Die taakmag, brandweer en stadspolisie het ingegryp en teen vanmiddag was die pad weer oop. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie