Stryd teen hepatitis E hernieu
Stryd teen hepatitis E hernieu

Stryd teen hepatitis E hernieu

Vier-en-twintig epidemioloë is na gemeenskappe gestuur wat deur hepatitis E geraak is.
Tanja Bause
Tanja Bause - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, onder leiding van dr. Bernard Haufiku, gesondheidsadviseur van die Namibiese presidentskap, het Saterdag in die Havana- informele nedersetting weer die reaksieveldtog teen die hepatitis E-uitbreking van stapel gestuur.

Die naam van die veldtog is “Operation Sanitizer”.

“Daar is gapings in die oorspronklike reaksieveldtog geïdentifiseer, soos swak koördinering tussen die betrokke partye; mense wat nie vergaderings bygewoon het; verslae wat nie betyds ingedien is nie; swak samewerking van die gemeenskap en swak opvoedkundige pamflette. Ons het ook nie ’n gebou gehad waaruit ons kon werk nie,” het Haufiku gesê.

Derhalwe is die veldtog weer van stapel gestuur en Haufiku gevra om dit op nasionale vlak te koördineer.

“Ons het die komitee oor nasionale teenwerking (NRCC) gestig waarby talle belanghebbendes en vennootskappe betrek is. Maandelikse inligtingsessies sal gehou word,” het hy gesê.

“Ons het ook ’n noodsentrum geopen wat van Maandag (vandag) af operasioneel is. Alle data van oor die hele land heen word hierheen gestuur, versamel en verwerk. Vier-en-twintig epidemioloë, wat verlede week gegradueer het, sal na gemeenskappe landwyd gestuur word. Dit sal hoofsaaklik na die Havana- en Goreangab- informele nedersettings in Windhoek, asook die DRC- informele nedersetting op Swakopmund wees omdat dit die mees geraakte gemeenskappe is,” het Haufiku gesê.

Hy het ook die talle vrywilligers bedank wat reeds in die gemeenskappe werk, en gesê meer word benodig. Hulle moet geregistreer word en sal ’n geel T-hemp ontvang vir identifikasiedoeleindes. “Ons het geel gekies omdat iemand wat hepatitis het, se oë geel word.”

Sedert 2017, toe die uitbreking verklaar is, is 620 mense positief vir hepatitis E getoets. In die Khomasstreek het 177 mense, in Erongo 156 en in Omusati 102 hepatitis E. Een-en-veertig mense is daaraan dood, van wie 17 swanger vroue was.

“Die virus word versprei omdat die gemeenskappe nie toegang tot skoon water het nie, weens te min of geen sanitasie en omdat daar geen persoonlike higiëne is nie.

“Ons moet meer toilette bou en dit teen vandalisme bewaar. Dit is die geval hier in Havana, waar mense die toilette afbreek. Die gemeenskap moet verantwoordelikheid neem en ophou om die toilette af te breek,” het hy gesê.

Me. Annastasia Aimanya, ’n gemeenskapsgesondheidswerker van die ministerie, het gesê mense breek of steel die “Tippy Taps”-waterstelsels wat hulle opgerig het sodat mense hul hande kan was.

Ses Tippy Taps is onlangs weer in Havana opgerig in ’n poging om die uitbreking onder beheer te kry.

Volgens Haufiku moet die watertenk weer aangebring word wat destyds in Havana geplaas is toe die eerste gevalle van hepatitis E aangemeld is.

“Ons kan nie verwag die mense moet hul hande was as hulle nie toegang tot skoon water het nie. Ons kan nie die uitbreking hokslaan as ons nie die mense van water voorsien nie.”

Hy het die munisipaliteit van Gobabis uitgesonder.

“Daar is baie min gevalle van hepatitis E in Gobabis aangemeld. Daardie munisipaliteit het watertenks in die informele nedersetting geplaas en die water is ook goedkoop daar. Mense het toegang tot skoon water en kan hul hande was. Ander munisipaliteite moet dié voorbeeld volg,” het Haufiku gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!