Stryd duur voort oor grondbelasting

Betaaldatum om die draai

12 January 2018 | Howe
Jacqueline Louw – Die ministerie van grondhervorming het op 8 Januarie ’n kennisgewing gepubliseer waarin aangekondig is dat grondbelasting op 30 Maart 2018 betaalbaar is.

Volgens mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), en prokureur Pieter de Beer is 'n dringende aansoek intussen ingedien waarin die hoërhof in Windhoek versoek word om belastingaanslae ter syde te stel totdat daar uitslae is in 'n appèl teen die waardasiehof se uitspraak en twee hangende hersieningsaansoeke.

Die saak sal op 19 Januarie in die hof dien.

“Die NLU se aanbeveling is – kom ons wag vir die uitspraak. As die uitslag van hierdie aansoek nie voor 30 Maart bekend is nie, is ons wetlik verplig om die grondbelasting te betaal,” het hy gesê.

Volgens De Beer is die hersieningsaansoeke en appèl nog die afgehandel nie omdat samesprekings met die regering se regsverteenwoordigers gevoer is met die oog op ’n moontlike skikking. “Met skikkingsonderhandelinge het ons gedink die regering sou nie die aanslae uitstuur nie, maar hulle het, so nou gaan ons voort met die aansoeke en die appèl,” het hy verduidelik.

De Beer het verder gesê die 40% vermindering in grondwaardasies is nie aan sommige mense toegestaan nie wat wel in die 2016-saak oor regsverteenwoordiging beskik het. Daar is glo ook gevalle waar die aanslae verskil van wat die hof bepaal het.

“Ons houding is dat die onreëlmatighede ten opsigte van die grondwaardes ons noop om die hof te nader vir ’n interdik sodat belasting nie gehef word voordat die hersieningsaansoeke en die appèl nie aangehoor is nie,” het De Beer gesê.

Volgens De Beer bepaal regulasie 14(3) van die Grondevaluering en Belastingregulasies dat terwyl ’n appèlsaak hangende is, mense steeds belasting moet betaal. Dit is egter nie op ’n hersieningsaansoek van toepassing nie.

“Ons het mense aanbeveel om te betaal, maar nou is die aanslae nie gegrond op wat die hof beslis het nie. Dit is ’n onhoudbare situasie,” het De Beer bygevoeg.

AGTERGROND

Van der Merwe het herhaal die NLU het hom verbind tot die betaling van grondbelasting, solank dit billik, regverdig en bekostigbaar is.

“Toe die voorlopige waardasierol in 2012 verskyn het, was daar verskriklike verhogings van tot 900% in die waardasies wat vyf jaar tevore in 2007 verskyn het,” het hy verduidelik.

Die NLU het die destydse minister van grondhervorming, mnr. Alpheus !Naruseb, toe genader omdat die belasting onbekostigbaar was.

As voorbeeld noem Van der Merwe ’n waardasie in Aroab in die Suide wat hoër as ’n waardasie in die Otavi-distrik was. “Hierdie voorbeeld het vir ons bewys die waardasies is nie in ooreenstemming met produksiepotensiaal en drakrag van die grond nie.”

“Die NLU het sedert 2012 voorstelle gemaak om die regulasies aan te pas waarvolgens grond gewaardeer word. Daar het toe ’n nuwe waardasierol verskyn met dieselfde fout.”

Grondeienaars het beswaar aangeteken. “Die NLU het gehoop grondeienaars en die minister van grondhervorming sal met mekaar onderhandel, maar dit het nie gebeur nie,” verduidelik Van der Merwe.

Aan die einde van 2016 het die waardasiehof beslis dat hoewel die waardasiemetode gebrekkig was, dit steeds toegepas sou word. Landdros Johannes Shuuveni het wel beveel dat diegene wat beswaar aangeteken het 40% minder vir grondbelasting sou betaal.

Hy het bevind beswaarmakers sonder regsverteenwoordiging se klagtes is reeds hanteer deur ’n vermindering van N$150 per hektaar op die waardasies van hul eiendomme toe te staan.

Soortgelyk

 

Air Namibia vra nóg miljarde

9 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

9 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

9 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

9 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

9 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...

‘Goue gonsers’ verower die kus

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Dit was inderdaad ’n fees...

NSFAF vorder skuld liewer self in

9 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het op 14 September ’n ooreenkoms beëindig wat hulle met Tribesmen en die Suid-Afrikaanse New...