'Stropery steeds kommerwekkend'
'Stropery steeds kommerwekkend'

'Stropery steeds kommerwekkend'

Die minister van die omge­wing en toerisme sê 2016 was 'n moeilike jaar en 2017 en die jare daarna gaan nie beter wees nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die stropery van veral renosters en olifante is vir die afgelope drie jaar steeds 'n groot kommer vir die ministerie van die omgewing en toerisme, ondanks 'n afname in gevalle.

Dít is een van die groot uitdagings volgens die minister, mnr. Pohamba Shifeta, wat Vrydag sy ministerie se personeel toegespreek het.

“Selfs al is daar 'n afname in renoster-­­ en olifantstropery, is die ­neigings en getalle oor die afgelope jare kommerwekkend en stropery móét onder beheer gebring word. Dit word deur internasionale misdaad­sindikate gedryf en is ingewikkeld,” het Shifeta gesê.

“Renoster- en olifantstropery het gekommersialiseer geword en daar is groot finansiële aansporings vir diegene betrokke by dié soort misdaad. Ons moet waaksaam bly en ons strategieë en taktieke verfyn.”

Shifeta sê die primêre fokus is om die sindikate te teiken, asook diegene wat op die grond werk.

“In 2016 het ons in samewerking­ met ons vennote (die Namibiese polisie en weermag) meer as 222 verdagtes vir wildstropery en die onwettige­ besit van renosterhorings of olifant­tande in hegtenis geneem. Ons het op 36 renosterhorings, 56 olifanttande en 79 stukke olifanttande beslag gelê.”

Die minister sê 2016 was moeilik vir die ministerie, met begrotingsbesnoeiings en verhoogde gevalle van wildstropery en mens-dier-konflik.

“Die jaar 2017 en die jare daarna gaan nie beter wees nie, met ons begroting wat aansienlik gesny is.

“Ons moet ons aktiwiteite prioritiseer op 'n manier wat minder hulpbronne vereis, maar die maksimum impak skep,” het die minister gesê.

“In ons vyfjaar- strategiese plan moet prioriteit aan van ons uitdagings­ gegee word, soos onder meer wildstropery, mens-dier-konflik, afvalbestuur, besoedelingsbeheer, die nakoming van omgewingsbestuurswet en klimaatsverandering.”

Shifeta sê toerisme bly een van die pilare van die Namibiese ekonomie en die Nasionale Volhoubare Toerismegroei en Ontwikkeling Strategie en die Nasionale Toerisme Beleggingsbevordering Strategie wat onlangs van stapel gestuur is, moet effektief geïmplementeer word.



MENS-DIER-KONFLIK

Die minister sê mens-dier-­konflik frustreer veral boere, selfs in 'n mate dat hulle reg in eie hande neem: “Sommige gefrustreerde boere het sonder die toestemming van die ministerie roofdiere gejag wat skade aan hul eiendom berokken het. Ek doen 'n beroep op ons personeel om vinnig op gevalle van mens-dier-konflik te reageer.”

Shifeta sê voorts daar is steeds sekere ontwikkelingsprojekte, soos onder meer sandmyne, afvalterreine, landbou- en konstruksieprojekte en die vervoer van gevaarlike giftige materiaal, wat teenstrydig met die omgewingsbestuurswet is.

Hy doen 'n beroep op die publiek om enige verdagte bedrywighede aan die omgewingskommissaris te rapporteer.

Tog meen Shifeta dat vooruitgang met die monitor van die nakoming van die omgewingsbestuurswet gemaak is: “'n Totaal van 421 ­omgewingsimpakstudies en 193 mynbou-eise is in die 2016-'17-­boekjaar geprosesseer. Sowat 90 persele is hoofsaaklik in die streke Kunene, Omusati, Kavango, Khomas, Erongo, Hardap en Omaheke geïnspekteer.”

Dit behels 'n wye reeks van persele soos onder meer afvalterreine, sandmyne, klinieke, hospitale, lodges, skole en koshuise.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!