Stropery: 16 renosters, 16 olifante
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het gister bevestig dat 16 renosters en 16 olifante dusver vanjaar in die land gestroop is.
Dit volg nadat Namibië se vlagskippark, die Etosha Nasionale Park, weer deur renosterstropers deurgeloop het. Tydens 'n lugpatrollie die afgelope naweek is agt renosterkarkasse in Etosha ontdek, volgens 'n mediaverklaring van die ministerie.
Volgens die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, word vermoed dat die renosters vanjaar gestroop is. Die ministerie het nadoodse ondersoeke op die karkasse laat uitvoer om die presiese oorsaak van hul vrekte te bepaal.
“Volgens die resultate is sewe uit die agt karkasse wat ontdek is, gestroop en die ander een het weens natuurlike oorsake gevrek,” het Muyunda gesê.
Hy sê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort .
Volgens Muyunda het die ministerie sedertdien patrollies in beskermde gebiede in samewerking met die Namibiese polisie en weermag en ander relevante owerhede verskerp.
“Die ministerie sal voortgaan met sy pogings om effektiewe misdaadvoorkoming en wetstoepassing te verskerp deur sekuriteitsbeplanning, monitering en bestuur,” het die woordvoerder gesê.
“Die Etosha Nasionale Park is die vlagskip van natuurbewaring, maar het die afgelope jare 'n skokkende vlaag van renosterstropery ondervind. Hierdie situasie kan nadelig vir die toerismebedryf en die ekonomie van ons land wees. Dit dreig om ons bewaringsuksesse sedert onafhanklikheid in trurat te sit.”
Verlede jaar is 59 renosters en 101 olifante in Namibië gestroop. In 2015 was dit 95 renosters en 49 olifante met 56 renosters en 78 olifante in 2014.
Muyunda het weer die publiek versoek om enige inligting oor verdagte stropery aan die ministerie of die naaste polisiekantoor te rapporteer. 'n Beloning van N$60 000 sal uitgeloof word aan enige persoon wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van verdagtes kan lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie