Stropers verniel ietermagô
Me. Marlice van Vuuren (foto) van N/a'an ku sê het Woensdag 'n ietermagô gekry wat wreed deur stropers gewond is. Die ietermagô is baie ernstig beseer (sien pyltjie op foto) en moes dadelik deur 'n veearts behandel word. Die ietermagô is Peekaboo gedoop en kry tans die beste mediese behandeling. Gister het N/a'an ku sê op hul Facebook-blad laat weet dat dit verrassend goed met Peekaboo gaan, "maar dit kan in 'n oogwink verander". As sy van haar beserings herstel, sal hulle haar by dié toevlugsoord rehabiliteer en haar weer in die wildernis vrylaat. Die ietermagô is die dier wat wêreldwyd die meeste mee gesmokkel word. Foto's N/a'an ku sê
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie