Stropers kom hul moses teë

Renoster dood medepligtige

12 February 2019 | Howe
Francoise Steynberg - Ruteni Muharukua is Vrydag in die Opuwo-landdroshof tot agt jaar gevangenisstraf of 'n boete van N$34 000 gevonnis al kon hy en sy medepligtige nie daarin geslaag om 'n renoster te stroop nie.

Muharukua en 'n medepligtige het in Oktober 2017 gepoog om 'n renoster in die weste van die Etosha Nasionale Park te stroop, maar het hul moses teëgekom toe die dier sy medepligtige bestorm en gedood het.

Muharukua, van die Kunenestreek, is in Oktober 2017 in hegtenis geneem, was sedertdien in aanhouding en het skuldig op vyf klagte gepleit. Hy het sy eie verdediging waargeneem.

Landdros Abel Sankwassa het hom op die eerste klag van die jag van spesiaal beskermde wild tot 'n boete van N$25 000 of sewe jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is.

Op die klag van die onwettige besit van 'n vuurwapen is die beskuldigde 'n boete van tot N$8 000 of twee jaar tronkstraf gevonnis, asook 'n boete van N$4 000 of een jaar tronkstraf, ten volle opgeskort, vir die onwettige besit van ammunisie.

Die beskuldigde is tot ses maande tronkstraf of 'n boete van N$500 gevonnis vir die onwettige betreding van 'n nasionale park, en dieselfde vonnis omdat hy 'n vuurwapen in 'n nasionale park ingevat het.

Die hoof van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU), komm. Barry de Klerk, het gister sy tevredenheid met die vonnis uitgespreek.

"Ek is baie tevrede met die vonnis en ons het 'n mylpaal bereik. Dit is die eerste van ons sake waarin iemand skuldig bevind is wat nie 'n renoster gestroop het nie," het De Klerk gister aan Republikein gesê.

"Alhoewel die twee mans nie daaraan kon slaag om die renoster te stroop nie, is Muharukua steeds skuldig bevind aan die oortreding van die jag van spesiaal beskermde wild."

Mnr. Obert Masendeke en me. Evelyn Karunga het vir die staat verskyn.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

15 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

15 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

16 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...