Strewe na 'n skoner Namibië
Strewe na 'n skoner Namibië
18 February 2021 | Omgewing
Tanja Bause
Komende Saterdag word die derde skoonmaakveldtog van Clean up Namibia gehou.
Volgens die organiseerder van die skoonmaakveldtog en die stigter van Camping in Namibia, me. Evane Storbeck, het Clean up Namibia in Desember met hul veldtog begin.
“Dis was aanvanklik net 'n vakansie- en strandskoonmaakprojek, maar die belangstelling was so groot dat ek besluit het om sulke veldtogte die hele jaar deur te reël. By die eerste een op Swakopmund het ons 25 vrywilligers gehad wat 35 sakke rommel opgetel het.”
Die tweede veldtog is op die Kupferbergpas gehou waar 17 vrywilligers 25 sakke rommel bymekaar gemaak het.
“Die rommel wat ons optel, wissel van plastiek en glasbottels, plastieksakke en toiletpapier tot motoronderdele en voertuigbande.”
Die plan is om Saterdag die M53 tot by N/a'an ku sê skoon te maak.
“Ons ontmoet Saterdag om 09:00 by Utopia in Klein Windhoek vir 'n inligtingsessie oor die dag en die roete. Vrywilligers moet hulle eie versnaperings en water saamvat.”
Vrywilligers wat 'n verskil wil maak, moet hul eie voertuig, gemaklike toe skoene, hoedens, sonskerm en handskoene bring. Camping in Namibia sal die swart sakke voorsien.
“Ons het nou al sowat 40 vrywilligers wat vir Saterdag aangemeld het, maar daar is altyd plek vir nog en soos hulle sê hoe meer hoe beter. Daar is ook verskeie besighede en organisasies wat betrokke is soos Camping in Namibia, Recycle Forum Namibia, Hitradio Namibia, Bushwackers en N/a'an ku sê Collection. Ons daag ander besighede uit om deel van dié inisiatief te word. Belangstellendes kan my gerus by 081 719 1888 of [email protected] kontak.”
“Die skoonmaakveldtog is 'n saak naby aan my hart. Wanneer ek gaan kamp, sien ek hoeveel rommel langs die paaie lê. Ek moes net 'n plan maak. Ek wil ook bewustheid onder mense skep om nie rommel te strooi nie.
“Ons moet Namibië skoon hou. Kampeerders moet hulle kampplekke skoon hou. Laat ons die verandering wees en wys hoe dit gedoen word.”
Clean up Namibia beplan om in die toekoms elke maand 'n skoonmaakveldtog te hou. D
ie volgende een sal op 20 Maart op die C23 Dordabispad na die Stolzenfeld Saloon-kampeerplekke wees.
- [email protected]

Soortgelyk
Vrou woon in haar motor by hospitaal
6 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
6 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
6 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
6 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
6 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
6 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
6 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
6 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
6 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies