Strenger regulasies moet toename in Covid-19 hokslaan
Strenger regulasies moet toename in Covid-19 hokslaan

Strenger regulasies moet toename in Covid-19 hokslaan

Dani Booysen
Die gemiddelde nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië het teen Vrydag tot 278 per dag toegeneem.

Hierdie daaglikse gemiddeld is meer as tydens die eerste golf van die virus se verspreiding in Augustus en September verlede jaar.

Dit volg nadat meer as 300 nuwe gevalle vir drie agtereenvolgende dae op Donderdag, Vrydag en Saterdag deur gesondheidsowerhede bevestig is. Van hierdie 1 056 gevalle is 559 in Windhoek aangeteken.

Nuwe gevalle in die hoofstad is gelykstaande aan die begin van die pandemie se tweede golf in Desember 2020.

Die vermindering van openbare byeenkomste tot ‘n maksimum van 50 persone en ‘n verbod op kontaksport is vanaf môre (Dinsdag) die vernaamste aanpassings in maatreëls wat ‘n derde golf van die pandemie die hoof moet bied. Die reëls sal tot 30 Junie geld.

Teen Vrydag het 67 593 persone ‘n eerste dosis entstof teen die coronavirus ontvang, terwyl 8 777 mense ook reeds die tweede inspuiting gekry het.

Gedurende die sewe dae tot Vrydag het 90 gesondheidswerkers positief getoets. Die koers in die frontliniegroep staan gemiddeld op 13 nuwe gevalle per dag.

Nog 39 sterftes is sedert Donderdag aan Covid-19 toegeskryf. Mei se sterftesyfer, tot op 29 Mei, staan nou op 150 – die meeste nog in ‘n maand – en gemiddelde sterftes weens die coronavirus is vyf per dag. Die syfers kan in die komende dae aanhou styg.

Twee naweke gelede, op 22 Mei, was die sewedaegemiddeld byna sewe sterftes per dag; meer as tydens die kruin van die tweede golf.

Onder die sterftes in Mei tel 84 mans, 55% van die totaal, en 66 vroue (45%). Van die 150 mense het 117, oftewel 78%, ook aan ander siektes gely.

Drie-en-tagtig van die persone, ook 55%, was 60 jaar of ouer en nog ‘n kwart, 38, was tussen 50 en 59 jaar oud.

Sien ons grafika oor ander besonderhede in verband met sterftes. Hiervolgens het die Omahekestreek die hoogste sterftekoers met 1,92% van positiewe gevalle, gevolg deur Otjozondjupa met 1,87% en die Zambezistreek met 1,74%.

Vrydag was daar byna 3 600 aktiewe gevalle; nie baie ver nie vanaf die hoogtepunt van byna 4 000 aktiewe gevalle tydens die tweede golf.

BRANDPUNTE

Gemeet oor sewe dae teken die hoofstad gemiddeld 140 gevalle per dag aan. Die Khomasstreek se totale gevalle sedert Maart verlede jaar mik nou ook na 20 000.

Walvisbaai is digby 5 500 en die Swakopmund-distrik, wat Arandis en Hentiesbaai insluit, het die 2 600-kerf verbygesteek.

Rehoboth het nou meer as 2 000 gevalle op rekord, Lüderitz meer as 1 600, Onandjokwe meer as 1 200, Eenhana het die 800-merk bereik en Outjo het nou meer as 500 gevalle.

Walvisbaai se daaglikse gemiddeld van ses nuwe gevalle per dag toon ‘n effense afname, maar in Swakopmund, 13 gevalle per dag, is daar ‘n toename.

Rehoboth teken gemiddeld 19 gevalle per dag aan, Oshakati 15, Lüderitz 11 en Gobabis nege.

Keetmanshoop se gemiddeld is ses gevalle per dag terwyl Onandjokwe, Eenhana, Rundu en Otjiwarongo elkeen vyf nuwe gevalle per dag rapporteer.

Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, het Vrydag gesê die uitslae van bykomende mediese toetse word ingewag om vas te stel of die onlangse dood van ‘n man kort ná hy ingeënt is met enige newe-effekte van die entstof verbind kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.63/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.09% | Zinc US$ 2 822.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.80/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 941.61/OZ UP +0.17% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.63/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.09% | Zinc US$ 2 822.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.80/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 941.61/OZ UP +0.17%