Streng reu00ebls vir hommeltuie
Streng reu00ebls vir hommeltuie

Streng reëls vir hommeltuie

Nuwe vereistes en reëls geld van die einde van Mei af vir elkeen wat 'n hommeltuig besit en vlieg.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Volgens 'n konsep regeringskennisgewing sal operateurs van hommeltuie dalk reeds so vroeg as vanaf 31 Mei wetlik verplig word om oor 'n vlieëniersertifikaat, wat deur die Namibiese Burgerlugvaartagentskap (NCAA) uitgereik is, te beskik.

Afgesien daarvan dat 'n aanvanklike en opvolg-lugvaartkennistoets eers geslaag moet word, sal daar ook aan verskeie nuwe reëls en regulasies voldoen moet word.

Dit sluit in dat hommeltuie nie snags gevlieg mag word nie, nie deur iemand beheer mag word wat onder die invloed van drank of dwelms is, of dit agt ure vantevore ingeneem het nie, en nie vinniger as 87 knope of 100 myl per uur of hoër as 400 voet bo die grond gevlieg mag word nie.

Die kabinet het op 18 April hierdie konsepraamwerk vir beheer oor hommeltuie goedgekeur. Dit is deur die ministerie van werke, vervoer en kommunikasie opgestel en sal deur die NCAA onder artikel 54 van die Burgerlike Lugvaartwet van 2016 toegepas word.



Sertifikaat vereis

Volgens die regulasies mag iemand slegs 'n hommeltuig beheer as hulle oor 'n afstand-vlieëniersertifikaat beskik of onder die direkte toesig is van iemand wat oor só 'n sertifikaat beskik. Die hommeltuig moet volgens wet geregistreer wees.

Boonop moet die NCAA binne 14 dae van alle verkope van hommeltuie verwittig word.

Mense wat ouer as 18 jaar is en Engels magtig is, verstandelik en geestelik geskik is en die nodige lugvaartkennis het, kan vir 'n vlieëniersertifikaat aansoek doen.

Nog reëls vir die vlieg van hommeltuie sluit in dat daar nie in skemertoestande, of 30 minute vóór of ná sonsondergang of –opkoms, gevlieg mag word nie – behalwe as dit oor die vereiste sigbaarheidsligte beskik.

Dit moet minstens 500 voet onder wolke of 2 000 voet horisontaal weg van wolke af gevlieg word en mag nie oor mense gevlieg word wat nie op 'n manier beskerm word indien die tuig sou val nie. Die tuie mag nie vanuit 'n bewegende vliegtuig, motor of boot beheer word nie, tensy dit volgens die NCAA oor 'n ylbevolkte gebied is.



Ongelukke aangemeld

Dit mag nie naby lughawens gevlieg word nie en ook nie gebruik word om gevaarlike items te vervoer nie.

Operateurs moet die tuig te alle tye met die oog kan sien, hoewel 'n bykomende waarnemer ook hiermee kan help. Enige ongelukke met hommeltuie wat skade aan eiendom aangerig het wat meer as N$1 000 sal kos om te herstel, of ernstige beserings tot gevolg gehad het, moet binne 72 uur by die NCAA aangemeld word.

Voor 'n hommeltuig opstyg, moet daar eers seker gemaak word dit werk behoorlik en het genoeg batterykrag. Dit moet ook vir veiligheid ondersoek word en die omgewing moet eers vir moontlike gevare, vlugbeperkings en weerstoestande gefynkam word.

Streng boetes en selfs tronkstraf kan mense opgelê word wat die nuwe regulasies nie nakom nie.

Dit is nie duidelik of verdere gesprekke oor die toepassing van dié regulasies met ander belangegroepe gevoer gaan word en of dit terugwerkend toegepas gaan word op mense wat reeds hommeltuie besit nie.

Hoe en waar belangstellendes vir sertifikate aansoek kan doen, is nie duidelik nie – en ook nie of die sertifikaat slegs vir 'n sekere tydperk geldig gaan wees nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%