Streekpolisie beveg onwettige vuurwapens

Die onwettige handel in, smokkel en verspreiding van handwapens en ligte wapens is onder die vergrootglas.
Augetto Graig
Augetto Graig



By die 14de byeenkoms van polisiemagte van die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap (SADC) word die beheer van handwapens en ligte wapens in Windhoek se Hotel Safari tans bespreek.

Vandag is die tweede en laaste dag van dié byeenkoms om samewerking in die SADC-streek te versterk.

Gedurende sy toespraak het mnr. Fernando Cumbe, hoof van die SADC-polisieorganisasie, aan die koördinerende streeksraadslede teenwoordig gesê die geleentheid is 'n bewys van lidlande se toewyding aan die geveg teen misdaad oor landsgrense.

“'n Vuurwapen beskerm jou nie, dit kan nie 'n koeël keer om jou te tref nie. Enigiemand wat met 'n vuurwapen gewapen is, is 'n potensiële moordenaar - of dit 'n polisiebeampte, 'n weermaglid, 'n landsburger of 'n dief is.

“Om dié rede bly die wêreld waarin ons lewe lewensbedreigend,” het hy gesê.

Cumbe het gesê: “Streeksintegrasie van ekonomie en ontwikkeling het betrekking op oorgrens- en transnasionale georganiseerde misdaad. Dit verskaf nuwe en gesofistikeerde kommunikasietegnologie wat misdadigers in staat stel om ver­skeie misdade te pleeg.”

Ook op die vasteland is die onwettige handel, smokkel en verspreiding van handwapens en ligte wapens 'n sleuteloorsaak van gewelddadige sterftes, het hy gesê.

Die gevaar groei vinnig omdat gevestigde, georganiseerde oorgrensmisdaadsindikate vuurwapens aan misdadigers verskaf wat betrokke is by moord, stropery, gewapende rooftogte, voertuigkapings, bankrowery en huisinbrake.

Cume sê die SADC se protokol oor die beheer van vuurwapens, ammunisie en ander verwante materiale bied die hoofriglyne vir die streek se poging om die versamel, verkoop en besit van onwettige vuurwapens te bekamp.

“Die protokol handel oor kwessies van operasionele kapasiteit, die merk van vuurwapens, rekordhouding, deursigtigheid, die deel van inligting, vrywillige oorhandiging van vuurwapens, openbare onderwys en bewustheid, en beheer oor die besit van vuurwapens deur burgers,” sê hy.

Adjunk-kommissaris Moses Shaama, Nampol se koördineerder vir die bekamping van onwettige vuurwapens, het gesê Namibië het dié protokol onderteken, asook die Bamako-verklaring van Afrika se gedeelde posisie oor die onwettige verkoop, verspreiding en versamel van vuurwapens.

Die land werk saam met die Verenigde Nasies (VN) teen onwettige vuurwapens en vorm deel van 'n internasionale opsporingsinstrument, het hy gesê.

“Namibië werk tans aan die bekragtiging van die wêreldwye wapenhandelverdrag. Artikel 10 van die verdrag vereis van die staat om stappe te neem wat met nasionale wette strook, om vuurwapenverkope binne sy jurisdiksie te reguleer en om inligting daaroor te deel,” het hy gesê.

Volgens Shaama maak Namibië vordering op dié gebied. Aanpassing van die huidige wet op vuurwapens en ammunisie word tydens die konferensie bespreek.

Shaama sê daar is tans skuiwergate in Namibiese wette wat die invoer, uitvoer, oordrag, vervoer en tussenhandel van vuurwapens betref. Volgens hom is dit moeilik om vas te stel hoe groot die probleem is weens die geheimsinnigheid van gewapende misdadigers.

Adjunk-kommissaris Ignatius Nangombe het bevestig ongeveer 200 000 vuurwapens is wettig geregistreer.

Genl-maj. Anamery Nainda het namens die hoof van die Namibiese polisie gesê die meerderheid onwettige vuurwapens in die streek is die gevolg van konflik en dit word oor en oor gebruik.

Nainda haal VN-syfers aan wat daarop dui dat 600 miljoen handgewere en ligte wapens wêreldwyd in sirkulasie is.

“Handgewere en ligte wapens is die toerusting van voorkeur vir misdadigers,” het sy gesê.

Die Afrika-unie sal volgens Nainda 'n studie oor die beweging van onwettige vuurwapens in Afrika doen - dit sal Suidelike Afrika insluit.

Daar is reeds bewyse van vuurwapens wat oor grense gesmokkel word en vir gesteelde vee of dagga verruil word, terwyl vuurwapens vir gebruik in misdade verhuur word, het sy gesê.

Volgens Nainda word Interpol se stelsels gebruik om vuurwapens op te spoor en ballistiese inligting te versprei.

Daar is egter 'n behoefte aan beter samewerking van wetstoepassingsagentskappe, het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!