• Tuisblad
  • Sake
  • Strategiese bestuur van waterbronne noodsaaklik
Strategiese bestuur van waterbronne noodsaaklik
Strategiese bestuur van waterbronne noodsaaklik

Strategiese bestuur van waterbronne noodsaaklik

‘n Plan vir waterbestuur in die Bo-Swakop-Omatako-rivierkomgebied is noodsaaklik omdat sentraal-Namibië van groot ekonomiese belang is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Belangegroepe uit die watersektor het Donderdag (2 Julie) aan ‘n slypskool deelgeneem met die doel om eindelik ‘n bydrae tot die tienjaarplan vir die geïntegreerde bestuur van waterbronne in die Bo-Swakop-Omatako-rivierkomgebied te lewer.

“Hierdie is een van die belangrikste rivierkomgebiede in die land as gevolg van die ekonomiese belang van die sentrale streek en dringende kwessies met watersekuriteit wat ervaar word terwyl die streek se bevolking toeneem,” het me. Maria Amakali tydens die geleentheid gesê.

Sy is die direkteur van waterhulpbronnebestuur en tans ook waarnemende adjunk- uitvoerende direkteur by die ministerie van landbou, water en grondhervorming.

“Dus, met die gebied se beperkte en kwesbare waterbronne, is ‘n bestuursplan noodsaaklik.”

Die Bo-Swakop-Omatako-rivierkomgebied verwys na die opvangsgebiede van die vernaamste damme wat die hoofstad, asook groter sentrale dele van die land van water voorsien.

‘n Bestuurskomitee (USBMC) vir die gebied is gestig omdat veral die Swakoppoortdam se watergehalte kommer wek en dit duidelik geword het dat mensebedrywighede dit besoedel.

“Ons kan nie bekostig om ‘n dam van dié kapasiteit binne ons waterstelsel te verloor nie,” het ‘n stigterslid van die komitee, mnr. André Mostert, tydens die slypskool gesê.

Daarom die noodsaaklikheid van ‘n plan vir die geïntegreerde bestuur van waterbronne in die gebied.

‘n Verteenwoordiger van die Windhoekse munisipaliteit, mnr. Dieter Tolke, het bygevoeg dit is belangrik dat belangegroepe verantwoordelik vir riool- en afvalbestuur, ook in die beplanningsproses ingesluit word.

“Die ontwikkeling van ‘n bestuursplan moet help om die bronne volhoubaar te bestuur. Ons het gesien hoe beide droogtes en mensebedrywighede dié bronne beinvloed – in terme van gehalte en hoeveelhede,” het Amakali gesê.

“Ons kan die bron slegs suksesvol bestuur as ons 'n dokument het om na te verwys om die bestuurskomitee te monitor, sodat ons kan seker maak ons doen dinge reg,” het sy gesê.

DEELNEMEND

Amakali sê die ministerie en NamWater het in 2012 ‘n skakelproses met belangegroepe van stapel gestuur om die kwessie van waterbesoedeling, -sekuriteit en die behoorlike bestuur daarvan aan te spreek.

“Die inisiatief het tot enkele suksesse gelei, wat insluit ‘n formele platform vir belangegroepe soos dié bestuurskomitee,” het sy gesê.

Amakali het bygevoeg die komitee is spesifiek vir rolspelers met ‘n belang en invloed in die watersektor, wat die regering kan raad gee oor die beskikbaarheid, gebruik en bestuur daarvan.

“Die benadering het ontstaan omdat daar voorheen geen koördinasie en deelname in besluitneming tussen belangegroepe en die regering hieroor was nie,” het sy gesê.

“Die bestuur van water behoort op ‘n deelnemende benadering gebaseer te word, wat gebruikers, beplanners en beleidmakers op alle vlakke insluit.”

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het Seelenbinder Consulting Engineers en BigenKuumba aangestel om ‘n ondersoek en studie van stapel te stuur ten einde as insette vir die opstelling van die meesterplan te dien.

Volgens beplanning sou die studie teen Mei vanjaar voltooi wees, maar vanweë Covid-19-inperkings sal dit na verwagting teen Augustus voltooi wees.

Dié slypskool sal met ‘n tweede een einde dié maand opgevolg word, sodat die strategiese beplanning van waterhulpbronne gefinaliseer kan word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56%