Strand-langarm hoogtepunt van haar lewe
Strand-langarm hoogtepunt van haar lewe

Strand-langarm hoogtepunt van haar lewe

Tanja Bause
Tanja Bause - Seila de Klerk (80) was onlangs deel van ‘n toergroep wat saam met Reon van Wyk van Reon’s Toere van Keetmanshoop die Weskus in Suid-Afrika besoek het.

“Dit was ongelooflik lekker en goed georganiseerd. Ek klim sommer môre weer in die bus en gaan op ‘n toer. Ek het eintlik nie woorde nie. Daar waar ons met ’n boot oorgery het na Robbeneiland toe . . . al wat ek kan sê, is dat mense moet gaan,” het sy gesê.

Volgens haar was die hoogtepunt van haar lewe een aand op ’n strand.

“Ons het daar lekker met die plaaslike mense gekuier en vir hulle ons Namibiese danse gewys. Toe vra ’n blanke man my om te langarm. Wat meer het ’n vrou nodig?”

Volgens Seila was dit die eerste keer dat sy langs die Weskus en in Kaapstad gaan toer het. Die vorige kere was dit net vir familiebesoeke. Die onlangse toer was die tweede een saam met Reon’s Toere.

Reon het gesê die groep het van Windhoek na Kaapstad gevlieg van waar hulle met ‘n bus die onderskeie plekke besoek het.

“Ons het onder meer Langebaan, Saldanhabaai, Vredenburg en Paternoster besoek. Besienswaardighede soos Robbeneiland, Tafelberg, die Kirstenbosch Botaniese Tuine, Kaappunt en ‘n wynplaas was ook op die toerprogram..

“Volgende jaar, vanaf 11 tot 18 September, toer ons na die Tuinroete, wat plekke soos Kaap Agulhas, Oudtshoorn, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai insluit. Almal is welkom,” het Reon gesê.

In 2007 het Reon toere vir kinders in Namibië en Suid-Afrika begin aanbied.

“Ek was ’n onderwyser by die Primêre Skool Krönlein en het vir die skool die toere gereël en vir die kinders rondgery. Mettertyd het ander skole my toe gevra of ek nie dieselfde vir hulle leerlinge wil doen nie, sodat hulle ook daarby kan baat. Dit was nie lank nie, toe kom die volwassenes en wil ook ’n toer hê. So nou ry en beplan ek toere,” het hy vir gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!