Stralers ontplooi om Russe te onderskep
Brittanje
Brittanje het Maandag twee Royal Air Force Typhoon-stralers van Skotland af ontplooi om Russiese vliegtuie naby aan die Verenigde Koninkryk se lugruim te onderskep, het 'n woordvoerder van die Skotse ministerie van verdediging gesê. Die Typhoons is van die RAF se basis by Lossiemouth in Moray ontplooi.
“Dit is 'n regstreekse operasie en daarom kan ons geen bykomende inligting verskaf voordat die sending afgehandel is nie,” het die woordvoerder gesê.
– Nampa/Reuters
“Dit is 'n regstreekse operasie en daarom kan ons geen bykomende inligting verskaf voordat die sending afgehandel is nie,” het die woordvoerder gesê.
– Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie