Strafste toets ooit vir gemeenskapsbewaring
Strafste toets ooit vir gemeenskapsbewaring

Strafste toets ooit vir gemeenskapsbewaring

Kenners meen indien die Covid-19-pandemie nie goed bestuur word nie, kan dit die einde van die land se suksesvolle CBNRM-projek beteken.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – 'n Kitsopname onder vyf gemeenskapsbewaringsgebiede wys dat die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkings 'n enorme ontwrigting in Namibië se gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronne-bestuursektor (CBNRM) veroorsaak het.

Die Covid-19-pandemie is waar­skynlik die strafste toets tot op hede vir die CBNRM-projek, sê die navorsers en voeg by dit is nog te vroeg om te weet wat presies die uiteinde van die huidige situasie sal wees.

'n Navorsingsartikel hieroor is in Juliemaand deur die navorsers dr. Selma Lendelvo, prof. Sian Sullivan en Mecthilde Pinto in die Namibian Journal of Environment gepubliseer.

“Covid-19 onderwerp jare se beleggings in Namibië se gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronne-bestuursektor (CBNRM) oor alle tematiese gebiede aan 'n strawwe toets.

“As die pandemie nie plaaslik én wêreldwyd goed bestuur word nie, kan dié program op die punt staan om ineen te stort. Dit, weens sy afhanklikheid van bewaringsjag en toerisme,” volgens die Namibia Development Trust (NDT) se mnr. Teo Ntinda, soos deur die navorsers aangehaal.

Vir die navorsing is 'n kitsopname in April onder vyf plaaslike kommunale bewaringsgebiede gedoen, naamlik King Nehale, Nyae Nyae, Tsiseb, Wuparo en Ehirovipuka.

Die navorsers meen die grootste impak wat die ergste langtermyn­skade aan kommunale bewaringsgebeide kan berokken, is hul verlies aan inkomste weens toerisme-verwante bedrywighede.

Gegewe dat die hersteltydperk ná sulke siekte-uitbrekings in die geskiedenis gemiddeld sowat 19,4 maande lank geduur het, kan aangeneem word die impak op die reis- en toerismebedryf sal nog 'n tyd lank duur, is in die navorsingsartikel geskryf.



UITDAGINGS

Die pandemie se impak op gemeen­skapsbewaringsgebiede gaan ernstig wees, beide in terme van grootte en omvang, meen die navorsers.

Die verbod op internasionale reis het 'n bron van inkomste laat opdroog wat uit trofeejag en ander gemeenskap-ondernemings soos lodges, kampplekke en kunswinkeltjies gegenereer is.

Dié situasie vereis onder meer dat bewaringsgebiede moet staatmaak op hul spaargeld om bedryfskoste te dek, wat personeel se salarisse insluit. Dit skep vrese dat enige verdere verliese die finansiële stabiliteit van die bewaringsgebiede in gedrang sal bring.

Die slotsom is dat die gebiede groot hoeveelhede geld vanaf eksterne bronne sal benodig as hulle soos vantevore wil sake doen.

Vrese heers ook oor die volhoubaarheid van gesamentlike ondernemingvennootskappe (JVP's).

Die impak van werksgeleenthede en plaaslike voortbestaan, word reeds gevoel, meen die navorsers. Die tydelike sluiting van toerisme- en jagondernemings beteken werknemers is op onbetaalde verlof geplaas en kontrakwerkers is afgelê om koste te bespaar.

Al die bewaringsgebiede het aangedui dat hulle werkers se salarisse met 50% gesny het. Gegewe dat salarisse in die toerisme- en trofeejagbedryf dikwels reeds laag is, is hierdie vermindering verwoestend.

Boonop bestaan vrese dat, indien die pandemie voortduur, personeellede van die bewaringsgebiede afgelê moet word.

Vier uit vyf bewaringsgebiede sê hulle het planne vir gemeenskapsontwikkelingsprojekte vir vanjaar vir eers laat vaar, terwyl daar ook aangedui is dat internasionale skenkerbefondsing tot verdere kennisgewing gestaak is.

Die handhawing van sosiale afstand beteken verder minder wagte patrolleer die bewaringsgebiede en respondente was bang dat dit hulle kwesbaar vir wildmisdaad maak.

Die bewaringsgebiede sê inperkingsmaatreëls het die bestuur van die gebiede, asook operasionele prosesse belemmer.

Talle vergaderings is gekanselleer en veral jaarvergaderings is geraak, omdat daar nie 'n kworum vir besluitneming was nie.



WAARDEVOL

Sedert onafhanklikwording was die CBNRM-program 'n sleutel in die bydrae tot ekonomiese ontwikkeling en omgewingsbewaring in kommunale gebiede, terwyl navorsing toon dit het tot 'n volgehoue groei in wildgetalle in dié gebiede gelei.

Die vestiging van bewaringsgebiede in kommunale gebiede waar plaas­like gemeenskappe regte kry om dit te bestuur, te benut en voordeel daaruit te trek, was sentraal in die sukses van hierdie program.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.46/OZ UP +1.36% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.38/OZ UP +1.40% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.46/OZ UP +1.36% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.38/OZ UP +1.40%