Straeuli glo Leeus sal uittog oorleef
Straeuli glo Leeus sal uittog oorleef

Straeuli glo Leeus sal uittog oorleef

Rugby
Andrew Poolman
Christo Buchner – Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof van Leeus-rugby, het met ’n gevoel van “hartseer en verlies” gereageer op die groep spelers wat die opsie uitgeoefen het om hul bande met die Leeus te verbreek en hul rugbyheil elders te gaan soek.

Hy het ook onthul dat van die spelers eers Donderdagaand, slegs enkele ure voor die sperdatum, die unie in kennis gestel het dat hulle dae by Leeus-rugby getel is.

Leeus-ondersteuners sou veral die nuus dat die belowende Tyrone Green, ’n veelsydige agterspeler wat bedrewe is in die laaste vesting van heelagter en ook op die vleuel, nie goed ontvang het nie.

Boonop sal die Bokhaker Malcolm Marx se kraglopies ook nie meer deel van Ellispark in die Leeutrui wees nie.

Hierdie twee is gesien as die toekoms van Leeus-rugby en vir talle Leeus-ondersteuners sal dit soos ’n vuishou in die maag wees dat hul paaie met dié unie nou skei.

“Daar lê nou nuwe uitdagings vir ons voor,” het Straeuli gesê oor die vertrek van Marx, Green, Shaun Reynolds, Ruan Vermaak en die hulpafrigter Neil de Bruin, wat almal die 21-dae-klousule gebruik het om hul bestaande kontrakte op te sê en oorsese aanbiedinge te aanvaar.

“Mense soek antwoorde, maar kry dit nie in hierdie stadium nie.

“Ons is darem bly die meeste spelers het besluit om by ons te bly en ek is dankbaar dat hulle die groter prentjie kon insien,” sê Straeuli.

“Vir diegene wat gaan, wens ons net alle sterkte toe. Daar is altyd opsies oorsee vir diegene wat dit wil neem. Dinge kan wel oor tyd verander, maar in hierdie uitsonderlike omstandighede waarin die spelers en ons rugby hulle nou bevind, is dit vir elke individu om sy eie besluite te neem,” sê Straeuli.

Hy het erken dat van die spelers se besluit om te loop, eers Donderdagaand gemaak is en dit sou gewis in sekere gevalle as ’n groot skok en teleurstelling gekom het.

Vooraf is bespiegel dat Marx en dalk ook die kaptein, Elton Jantjies, die groot name kon wees wat die Leeus sou verlaat.

Jantjies het egter besluit om te bly, ondanks die feit dat hy verskeie aanbiedinge gekry het.

Straeuli het hom bedank vir sy lojaliteit.

“Ons was baie openlik met die spelers oor wat die situasie was en vir ons as unie is dit belangrik om nou aan die lewe te bly. Daar moet volhoubaarheid by Leeus-rugby wees.

“Van die spelers wat ons verlaat, is ouens wat deur ons junior strukture gekom het en in wie se loopbane daar baie tyd en energie bestee is. Ons het steeds baie goeie junior strukture en dit is waar die toekomstige sterre vandaan sal moet kom.

“In Leeus-rugby is ons al deur moeilike tye soos in 2013 en ons het dit oorleef. Ek is positief ons sal deur hierdie moeilike tyd ook kan kom en sterker aan die ander kant wees,” sê hy.

Straeuli erken dit is steeds baie onsekere tye oor wanneer die Leeus weer op die speelveld gesien sal kan word.

“Almal soek datums en tye, maar ons word gelei deur Saru (die Suid-Afrikaanse Rugbyunie) en hulle moet ook maar na die regering kyk vir leiding,” sê hy.

Nog twee spelers met sterk Leeus-bande wat nie sommer weer in dié trui gesien sal word nie, is die Springbokke Kwagga Smith en Andries Coetzee.

Albei gaan hul loopbane in Japan voortsit, maar volgens Straeuli is Coetzee wel nog deel van die Supergroep, en indien die beplande kompetisie vir Suid-Afrika se vier Superspanne, asook die Cheetahs en Kings, dalk plaasvind, sal hy nog beskikbaar wees. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!