Stout leeus twisappel in Erongo-bergland

Verskuiwing bevestig

07 December 2017 | Omgewing
Des Erasmus - Vier lede van die omstrede leeutrop van Grootberg se amnestie in die Erongo-bergbewaringsgebied maak hulle blykbaar vuilbaarde des aanstoots in ‘n kommunale gebied en vir boere op grensplase.

Die ministerie van die omgewing en toerisme word selfs gelooi omdat nie ‘n enkele vereiste vir oorplasing blykbaar nagekom is nie.

Bevestiging van die verskuiwing van vyf leeus is die afgelope dae uit verskeie oorde ontvang met spore wat as bewys dien dat vier van hulle ná ‘n tog uit die Grootberg-omgewing in die veld van die Erongo-bewaringsgebied wes van Omaruru vrygelaat is. Een van die vyf leeus het blykbaar nie die tog na die bewaringsgebied oorleef nie en die vier oorlewendes het blykbaar in ‘n troppie van drie en ‘n alleenloper verdeel. Die wegbreker se spoor is in die bedding van die Omarururivier gekry en dit was duidelik dat hy in ‘n westelike rigting beweeg, blykbaar terug na die plek waarvandaan hy gekom het.

Die ander drie, blykbaar twee mannetjies en ‘n wyfie, se spore is ook gevind waar hulle aanvanklik ook wes geloop het, maar toe suid geswaai het met die brul van leeus wat nou op ‘n punt sowat 20 noordwes van Usakos gehoor word waar ‘n donkie van ‘n kommunale boer glo gevang is. Vroeëre beweringe was die vang van ‘n bees in die omgewing van Okombahe tussen Omaruru en Uis en daarna ook die vangs van ‘n perd.

Hoofmanne van die kommunale gebied oorweeg blykbaar ‘n afspraak met die ministerie om padlangs te verklaar hulle soek nie die leeus in hul gebied nie.

Eienaars van gasteplase met hul grense in die bewaringsgebied en van die toeristeherberge deel ook in die verset. Van die beweringe is dat van die herberge spesiaal vir voetslaners voorsiening maak, maar dat dit lewensgevaarlik vir toeriste op die wandelpaaie gaan wees. Me. Connie Kayser van een van die herberge het aan Republikein bevestig dat sy ‘n omvattende ondersoek na die oorplasing van die leeus instel. Sy het reeds met senior amptenare in die ministerie geskakel. Sy sê die veiligheid van toeriste word bedreig en sy wil weet wie vir haar verliese gaan instaan.

Ander beweringe is dat daar wel met ander mense in die bewaringsgeraadpleeg is, met die klem op “sekere mense”.

Van die vereistes wat vir sodanige hervestiging van leeus gestel word, is dat die roofdiere voor hul vrylating in ‘n nuwe gebied oor nekbande moet beskik sodat hul bewegings gemonitor kan word. Al die betrokkenes in en bewoners van die bewaringsgebied moet blykbaar ook voor so ‘n oorplasing geraadpleeg word. Dit is nie gedoen nie. Ander vereistes is blykbaar ook nie nagekom nie.

As oplossing vir die probleem van Grootberg is die trop probleemleeus blykbaar in kleiner groepe ingedeel en na verskillende plekke uitgeplaas. Die leeus vorm blykbaar deel van ‘n groter trop wat by Grootberg vir ‘n slagting onder skape en bokke verantwoordelik was. In een voorval is 86 kleinvee doodgebyt en in nog een glo 171.

Soortgelyk

 

Haufiku ontken uitbetaling van N$1 miljard

6 ure gelede | Gesondheid

Berigte dat die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku N$1 miljard aan ongeregistreerde verskaffers betaal het wat ook nie geregistreer was om...

Naam van man bekend wat in ongeluk sterf

11 ure gelede | Ongelukke

Die 41-jarige man wat Donderdag in ’n ongeluk op die Outjo-Otavi-grondpad gesterf het, is as Smit de Wet Louw identifiseer. Die kop-teen-kop-botsing wat sy lewe...

Khomasstreek oor grondeienaarskap

23 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - “Buitelanders se plase moet outomaties onteien word en boere moet tot 50% eienaarskap van hul plase aan plaaswerkers afstaan ten einde grondhervorming...

Windhoek 'in gróót moeilikheid'

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Terwyl die verbruiker voortaan tot 300% meer vir sekere dienste moet opdok, het die stadsvaders van die Windhoekse munisipaliteit (CoW) pas ’n...

Weer vir 20 Julie 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Zambezi-, Kavango- en oostelike streek. Elders sal dit sonnig en matig tot warm wees. Dit sal...

Reho se /Uirab ‘in die pad gesteek’

23 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad, het agt maande van sy termyn tuis deurgebring./Uirab, wie se laaste werksdag vandag is,...

Kalender 13 Julie

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Anin Namibia bied tans ’n uitstalling in die Omba-galery aan. Hierdie keer het hulle groepsborduurprojekte en maatskappye genooi om deel te...

Siba sprankel by ekspo

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Eet, smul en knaag bly maar hoogtepunte in baie van ons se dag. Vir sommige is dit ’n uitdaging om kos te maak en ander...

Kortbroektreffers uit Rocco se pen

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Die bekroonde en uiters begaafde pianis Rocco de Villiers is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer met ’n Afrikaanse...