Stort saam met 'n olifant by Etosha Safari Camp
Het jy al ooit saam met 'n olifant gestort? Nee? Nou kan gaste hierdie unieke ervaring by die Etosha Safari Camp beleef.
Hul gastekamers spog met splinternuwe ontwerpe ná opknappingswerk voltooi is.
“Ons het ons binnenshuise versierders, Women Unleashed, gevra om 'n gemaklike en stylvolle omgewing met die speelsheid van 'n sjebeen - helder, lig en lighartig - te kombineer. Hulle het uitstekende werk gedoen,” het Gondwana se bedryfsdirekteur, mnr. Alain Noirfalise, gesê.
“Die badkamers het 'n totale opgradering ondergaan.”
Al 50 gastekamers is met nuwe, vars kleure versier.
Tien van hierdie kamers is gesinskamers met vier beddens elk. Daar is ook drie trippelkamers en 37 dubbelkamers en almal het nou 'n eksklusiewe olifantstort.
Die Etosha Safari Camp bied besoekers 'n tikkie luuksheid met 'n tikkie van Afrika se lus vir die lewe.
Die Andersson-hek is om die draai, waar 580 soogdiere en 340 voëlspesies in die Etosha Nasionale Park gesien kan word.
Met jou terugkeer is die dag nog nie verby nie en die swembad wag, asook die Oshebeena-sjebeen in sy township-styl.
Wanneer die sjef te voorskyn kom, is daar twee maniere om die dag te eindig: by die Okambashu-restaurant met sy flikkerende kaggel, of buite by die village-vierkant waar die Etosha Safari Boys vinnig is om hul musiekinstrumente uit te pak.
Etosha se tema is “Plek van Legendes” en Etosha Safari Camp het dié tema een stap verder geneem deur die storie en gees van Afrika huis toe te bring. Die eindresultaat is legendaries.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie