Stort die 'Namibiese Huis' in duie?
UWE RATHMANN SKRYF:
Namibiërs wat vir die regering werk, sluit 'n langtermynkontrak met duidelik uiteengesette beginsels en 'n posbeskrywing volgens die standaarde van die Staatsdienshandves wat ons stigterspresident in 1996 daargestel het.
'n Maandelikse salaris is gewaarborg, plus 'n dertiende tjek.
Ná byna 29 jaar lewer die meeste werknemers diens ver benede die standaarde in dienshandveste van staatsinstellings.
Ek beskou dit as 'n wydverspreide vorm van korrupsie. Die gevolglike gebrek aan dienslewering veroorsaak die verval van staatsinstellings, veral plaaslike en streekowerhede, waar dienste in baie plekke in duie gestort het.
Lede van die publiek, soos op Omaruru en Grootfontein, het al hieroor gekla by die agbare minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, en later by sy eksellensie, die president. Nie een van die leiers het antwoorde verskaf op die briewe wat deur hul kantore ontvang is nie.
Sy eksellensie dr. Hage Geingob het belowe 2019 sal die jaar van verantwoording en deursigtigheid wees, ook in openbare dienslewering. In stede het ons nog 'n jaar ervaar van verswakkende dienslewering en 'n toename in wydverspreide en grootskaalse korrupsie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie