Stormsee eis jong lewe

27 December 2016 | Ongelukke
Otis Finck - ’n Jong meisie het op Kersdag by Baberstrand naby Myl 4 by Swakopmund verdrink.

Volgens hoofinsp. Erastus Iikuyu van die Namibiese polisie in die Erongostreek, was die oorledene, Doree Ueriuka Semba (18), saam met haar familie op die strand toe ’n familielid, Hillary Keingos (16), deur 'n groot brander ingetrek is terwyl sy geswem het.

Semba het Keingos se noodkrete gehoor en wou haar gaan help. Semba kon nie daarin slaag nie en het self gesukkel om uit die rowwe see te kom.

Volgens Iikuyu het ’n manlike familielid toe probeer om die meisies te help, maar kon net vir Keingos red. Die branders het vir Semba verder die see ingetrek en sy het verdrink.

Die E-Med Rescue 24-span was vinnig op die toneel en het die oorledene se liggaam uit die water gehaal. Keingos is vir behandeling na ’n private hospitaal op Swakopmund geneem. Sy is steeds in ’n kritieke toestand.

“Semba is om 16:15 oorlede nadat sy vir Keingos probeer red het. Sy het probleme ondervind terwyl sy teen die stormsee probeer veg het. Semba is dieper en dieper die see ingetrek waar sy uiteindelik verdrink het,” het Iikuyu gesê.

Volgens die West Coast Safety Initiative se Facebook-blad het agt mense gedurende die feesseisoen byna verdrink. Die voorvalle het by Vierkantklip, die Mole en Pebble Beach by Swakopmund plaasgevind.

Strande wat bekend is vir trekstrome en waar daar geen lewensredders aan diens is nie, is dié tussen Independent Beach en Langstrand, tussen Langstrand en Partysberg, tussen Patrysberg en Vierkantklip, tussen Vierkantklip en die Mole en tussen die Mole en Myl 4.

Lewensredders is wel by Independent Beach, Langstrand (by die getypoel) en die Mole aan diens.

Soortgelyk

 

Trump laat Amerika bloos oor 'Nambia"

13 ure gelede | Internasionaal

Pres. Donald Trump van Amerika het gister tydens ‘n vergadering met Afrikaleiers in New York na Namibië as “Nambia” verwys.Tydens die ontmoeting het Trump gesê:...

Ysterertsmyn dalk op Windhoek se voorstoep

23 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Gemeenskapsvergaderings word vandag by Neudamm en in Windhoek gehou vir insette oor die impak wat die beplande ysterertsmyn 50 km oos van...

Droogtenood in Suide al groter

23 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer 'n Projek, onder aanvoering van die Keetmanshoop Streekslandbou-unie (SLU), is tans werksaam om dringend voer vir vee op meer as 50 plase in...

wenfoto by Hakos gekiek

23 ure gelede | Omgewing

Die wenner van die Insight Sterrekunde Fotograaf van die Jaar-kompetisie het sy foto in Namibië geneem. Die Rus Artem Mironov is vanjaar se algehele wenner­...

Nuwe stelsel veroorsaak chaos by lughawe

23 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie sê dit het 'n korttermyn­oplossing gevind om die chaotiese­ vertragings by die Internasio­nale Lughawe Hosea Kutako...

Weer vir 21 September

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm. Winderige toestande word in die Noorde en oor die sentrale hoëgrond verwag. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

'Noord-Amerikaners wil Namibië besoek'

23 ure gelede | Toerisme

Namibië is 'n toeristebestemming wat Noord-Amerikaners graag wil besoek.Só sê die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), me. Zelna Hengari, wat saam met die...

Tienermeisie steek baba glo in tas weg

23 ure gelede | Misdaad

Twee vroue, van wie een 'n skoolmeisie is, is Dinsdag in verband met die verberging van 'n geboorte in hegtenis geneem.OMUTELEVolgens die Namibiese polisie se...

Goeie nuus vir sekuriteitswagte

23 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig - Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het aangekondig sekuriteitswagte in Namibië moet van verlede Vrydag (15 September) af ten minste N$8,75...