Storm woed oor Nicanor se aanstelling

Geingob-besluit bevraagteken

11 November 2019 | Politiek
Denver Kisting – Die Windhoekse prokureur mnr. Norman Tjombe sê Swapo se me. Hilma Nicanor se aanstelling “het alles te doen met haar verbod om vir die parlement te staan”.

Dit kom nadat ’n beslissing deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) haar onlangs verplig het om te bedank uit die veteraneministerie waar sy opnuut as raadgewer aangestel is.

Tjombe sê sy siening word gesteun “deur die feit dat haar aanstelling net vir die duur van nou tot die begin van die volgende regering en parlement is”.

’n Politieke storm woed die afgelope paar dae nadat dit aan die lig gekom pres. Hage Geingob het reeds 1 November vir Nicanor as ministeriële raadgewer aangestel.

Sy het twee weke vantevore bedank ná die ECN aangekondig het staatsamptenare, lede van die Nasionale Raad (NR) en dié wat in plaaslike of streekowerhede dien, mag nie as kandidate staan om in aanmerking vir ’n plek in die Nasionale Vergadering (NV) te kom nie.

Volgens Tjombe kom dit voor of die behoeftes by die veteraneministerie wat glo Nicanor se aanstelling genoodsaak het, nie vantevore bestaan het nie en eensklaps op 20 Maart volgende jaar verstryk.

Die voormalige voorsitter van die NR, me. Margaret Mensah-Williams, is ook een van diegene wat moes bedank.

Oor of pres. Geingob haar ook ’n reddingsboei gaan bied vir die tussentydse vyf maande, sê die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari: “Ons sal ’n besluit van daardie aard kommunikeer as daar is.”

Nadat die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), reeds Woensdag kapsie gemaak het teen Nicanor se aanstelling, het die All People’s Party (APP) gister ook hul misnoeë te kenne gegee.

Die APP se sekretaris vir internasionale betrekkinge, mnr. Agapitus Hausiku, het by navraag gesê: “In dié huidige ekonomiese toestande waar befondsing gesny is, en openbare gesondheid en -opvoedkundige instellings deur chroniese tekorte in die gesig gestaar word weens begrotingsuitdagings, is die president se reg om so ’n aanstelling te maak, geskoei op deeglike oorweging, ’n onbedagsame en onverantwoordelike daad.”

Volgens Hausiku kom Nicanor se aanstelling neer op die misbruik van die president se grondwetlike magte.

Hy het, soos die PDM se president, mnr. McHenry Venaani, ’n beroep op Namibiërs gedoen “om hul demokratiese regte tydens die komende verkiesings uit te oefen en hierdie korrupte leiers uit te stem en hul waardigheid weer op te eis”.

- [email protected]

Soortgelyk

 

AgriBusDev-baas geskors

1st of June 18:23 | Regering

Mnr. Petrus Uugwanga, die landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) se besturende direkteur, is met onmiddelike effek geskors. Die voorsitter van die AgriBusDev-raad, me. Sophia Kasheeta, het pas ‘n...

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

2 ure gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

6 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

7 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

18 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

18 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

18 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...