Storm los by Unam-eksamen
Storm los by Unam-eksamen

Storm los by Unam-eksamen

Nagraadse regstudente is woedend oor grootskaalse chaos wat dié week tydens ’n eksamen uitgebreek het.
Denver Kisting
Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.

Nagraadse regstudente verbonde aan die Justice Training Centre (JTC) by Unam dring aan op antwoorde oor waarom té min vraestelle beskikbaar was.

Sosialemediaplatforms het gister uit hul nate gebars soos studente hul misnoeë te kenne gegee het.

Studente voer onder meer aan die integriteit van die eksamen is in die gedrang.

Kandidaatprokureurs moes eergistermiddag eksamen oor die opstel van stukke in gedingvoering (legal drafting) aflê.

Van studente word vereis om dié jaar en klerkskap by ’n regsfirma te voltooi om as regspraktisyn in Namibië op te tree.

Woensdag se eksamen was veronderstel om 17:30 te begin.

Grootskaalse chaos het kort hierná uitgebreek toe dit duidelik word daar was nie genoeg vraestelle vir alle studente nie.

Studente kon in drie lokale by Unam se Khomasdal-kampus skryf.

Die vermoede bestaan dat studente, wat die module herhaal maar nie geregistreer is nie, óók opgedaag het om te skryf.

Maar, voer een student aan, selfs al het net die nagenoeg 181 geregistreerde studente hul opwagting gemaak, sou die vraestelle steeds nie genoeg gewees het nie.

In een eksamenlokaal het geen student ’n vraestel ontvang nie, in ’n ander net sowat die helfte, terwyl die derde groep studente die eksamen wel kon aflê, voer die studente aan.

Ná die tekort ontdek is, het ’n universiteitsassistent glo na die hoofkampus gereis om meer afskrifte te gaan maak.

Teen 19:30 was dié aanvullende vraestelle glo nog nie beskikbaar nie.

Een van die grootste dorings in studente se vlees is dat geen identiteitsdokument of studentekaart by die ingang van ’n lokaal verlang word nie.

Nadat die chaos uitgebars het, was daar ook geen toegangsbeheer nie, sê die studente.

Dít het meegebring dat studente kon kom en gaan soos hulle wou.

Die inhoud van die vak is selfs in die teenwoordigheid van studente bespreek wat wél ’n vraestel gehad het, en besig was om te skryf, word beweer.

Volgens van die studente was die toesighouers junior regstudente, wat geen beheer oor hulle kon uitoefen nie.

Uit vrees daarvoor dat dit teen hulle gebruik sal word, het die studente met wie Republikein gepraat het, anonimiteit verkies.

Een het by navraag gesê: “Hulle het nie genoeg vraestelle afgerol nie.”

In hul lokaal, sê dié student, het die toesighouers vraestelle van agter en voor in die lokaal begin uitdeel.

Gevolglik het die helfte van die studente, wat in die middel was, nie ’n vraestel gekry nie.

“En, kan jy glo, ons betaal N$15 000 per student per jaar vir die JTC.”

Van die studente is verál boos omdat die betrokke vak beskou word as een van die moeilikstes van dié nagraadse jaar.

Die betrokke vak se dosent, adv. Yoleta Campbell, het die studente gister gelyk gee oor die moeiliksvlak.

Dít, sê sy, is omdat die vak praktiese toepassing vereis.

Maar, het Campbell gister by navraag gesê, sy kan nie kommentaar lewer oor die eksamenchaos nie.

“Ek is bewus daarvan, maar ek sal nie vir jou kan sê wat verkeerd geloop het nie.”

Sy het bevestig verskeie studente het haar oor die voorval gekontak.

Haar betrokkenheid eindig by die opstel van die vraestel. “Ál wat ek vir jou kan sê, is ek is die eksaminator. Dit is nie my plig om ’n eksamenlokaal of afskrifte te reël nie.”

Die direkteur van die JTC, prof. Sam Amoo, het gistermiddag gesê hy kan tans nie lig op die omstredenheid werp nie. “Ek is jammer; ek kan nie daarop reageer nie. Ek kan nie tans enigiets sê nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.52/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.35% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP UP +0.18% | Platinum US$ 943.93/OZ UP +0.42% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.52/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.35% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP UP +0.18% | Platinum US$ 943.93/OZ UP +0.42%