Storm looi skool in Kavango-Oos
Storm looi skool in Kavango-Oos

Storm looi skool in Kavango-Oos

Francoise Steynberg
Verskeie klaskamers is tydens swaar reënbuie die afgelope week by die Uvhungu-vhungu Gekombineerde Skool in die Kavango-Oosstreek beskadig.


Die dak van een van die klaskamers in ‘n blok van agt het ook afgewaai wat daartoe gelei het dat ander klaskamers oorstroom is. Uvhungu-vhungu is wat sowat ses kilometer oos van Rundu geleë.

Die skoolhoof, mnr. Peter Vaino, het gesê die skade is ernstig en die klaskamers sal nie gebruik kan word wanneer die skole op 11 Januarie 2021 open nie. Hy sê ‘n hele blok klaskamers sal herstel moet word voor klasse kan hervat.

Sowat 120 leerlinge woon klasse in die beskadigde blok klaskamers by. Daar is altesaam 398 leerlinge in die skool.

Vaino het gesê hy het die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur van die skade ingelig.

Kavango-Oosstreek se onderwysdirekteur, mnr. Fanuel Kapapero, het bevestig die onderwysdirektoraat is van die voorval ingelig.

“Ek het met ons beplanningsafdeling gekonsultuur en hulle versoek om ‘n inspeksie te gaan doen voor die skole open en die skade te bepaal. Ons het ook die ministerie van werke en vervoer ingelig,” het Kapapero gesê. – Nampa

Foto’s Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!