Storm broei op Omeya
Storm broei op Omeya

Storm broei op Omeya

Die tafel is gedek vir hoogdrama tussen ’n inwoner van ’n spoglandgoed suid van Windhoek en die ontwikkelaar daarvan.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die poppe gaan waarskynlik dans wanneer ’n inwoner van Omeya, mnr. Johannes Coetzee, en die gholflandgoed se base mekaar in die hof gaan pak.

’n Storm broei veral sedert verlede jaar op dié rykmansbuurt sowat 40 km suid van die hoofstad weens ’n watertarieftwis.

Hoewel Coetzee die geding aanhangig gemaak het, sê hy die ander meer as 400 inwoners het ’n regstreekse belang in hoe die saak sal verloop.

Boonop is dit voor die hand liggend, sê hy, dat dié mense ook voordeel kan trek as die saak in sy guns beslis word.

Meer as 200 van dié inwoners het ’n groep van besorgdes gestig, sê hy, waarvan hy een van die leiers is.

In hofstukke wat onlangs geliasseer is, vaar Coetzee uit teen die landgoed se base wat hom aan onderdrukking en onredelike gedrag onderwerp.

Hy sê die ontwikkelaars het in Oktober verlede jaar die inwoners skielik vir waterverbruik begin faktureer.

Dit, meen hy, is enersyds onwettig en andersyds ongeldig.

Hierdie verwikkeling, wat naas die aanslaan vir watergebruik ook die betaling vir herwinning en berging daarvan insluit, is nooit eens tydens die tertafellegging van die jaarlikse begroting goedgekeur nie, sê hy.

Soos sake in elk geval tans staan, lui die koopooreenkoms dat die eerste 30 kubieke meter waterverbruik per maand deel van die heffings vorm, voer hy aan.

Boonop, sê Coetzee, beskik die landgoed se base nie oor die nodige geldige permitte om water te verkoop nie.

Dié ontstoke inwoner sê sy standpunt is eenvoudig: Hy weier om vir waterverbruik te betaal wat nie wettig en geldig aangeslaan word nie.

Gevolglik dreig die landgoed se base om hom en ander inwoners wat hulle by hom skaar, te verbied om jaarvergaderings by te woon of selfs tydens dié geleenthede te stem, lui die lywige hofstukke.

Asof dit nie genoeg is nie is Coetzee en sy bondgenote se dienste ook tussen Oktober 2018 en Februarie vanjaar opgeskort vanweë waterfakture wat glo agterstallig is, sê hy.

Hy is van mening die inwoners wat wel opgedok het se geld moet terugbetaal word.

Coetzee beweer dié toedrag van sake het selfs tot finansiële ongerymdhede op Omeya aanleiding gegee.

Hy en sy bondgenote is ook toegang tot finansiële dokumente geweier, sê hy.

Hy voer voorts aan die landgoed se base tree dreigend en intimiderend op teen diegene wat agter die kap van die byl probeer kom.

Selfs sy prokureur, mnr. Pieter de Beer, is na bewering gedreig, sê hy.

Hy vra die hof om die landgoed se base te verbied om hulle verder vir waterverbruik te faktureer.

Terselfdertyd moet die hof die base dwing om op te hou om geld vir waterverbruik in te vorder.

Coetzee wil ook hê die hof moet die landgoed se base beveel om die geld wat reeds ingevorder is, terug te betaal of minstens in ’n rentedraende rekening te deponeer tot die geskil besleg is.

Hy wil ook hê die hof moet sy en sy bondgenote se reg om vergaderings by te woon, hul sprak te sprook en te stem tydens hierdie geleenthede, herstel.

Die Windhoekse prokureur, mnr. Francois Erasmus, het intussen namens die landgoed se base aangedui hulle gaan die aansoek teenstaan.

Teen die einde van verlede week was nog geen hofdatum bekend nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%