Storm bars by Otji-skool los

Leerlinge aan die Otjiwarongo Christenskool word glo onder meer met naalde gesteek om wakker te bly.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het gister gesê skole wat steeds lyfstraf toedien, is besig met “nonsens”.

Dít kom nadat die bom gebars het oor Otjiwarongo Christenskool wat leerlinge glo slaan en na bewering selfs met naalde steek.

Hanse-Himarwa het by navraag gesê: “Dit is nonsens.”

Álle Namibiese skole, insluitend private skole, is onderhewig aan die land se Grondwet, wat lyfstraf verbied, het die minister gewaarsku.

'n Onderwyseres is na bewering onlangs deur die skooleienaars, past. Norman en me. Karen Marais, in die pad gesteek nadat sy dié ongerymdhede aangemeld het.

Me. Anna Lowry, 'n Nieu-Seelander, het haar tot die onderwysowerhede in die Otjozondjupastreek gewend nadat die omstandighede by die skool glo vir haar onhoudbaar geword het.

Me. Karen Marais het gister gesê: “O, genade! Niks daarvan is waar nie. Dis 'n lang storie.”

Volgens haar het Lowry tydens haar (Lowry se) proeftydperk stokkies gedraai. Sy is gevolglik ontslaan.

“Dis 'n baie, baie diep saak.”

Volgens Marais het die onderwysministerie reeds sy ondersoek afgehandel.

“O, nee, daai goedjies is uitgesorteer,” het sy gesê.

Op 'n vraag oor of die skool wél lyfstraf toepas, het Marais gesê: “Dít gaan ek nie vir jou antwoord nie.”

Volgens haar is die beweringe oor die naalde onwaar. “O, nee, dis nie waar nie. As jy enigiets van dié goed publiseer, is daar moeilikheid.”

Republikein het gister op voorwaarde van anonimiteit met 'n ouer gepraat, wie se dogter verlede jaar glo só met 'n stok geslaan is dat haar boude potblou was.

“As dit blou was, is dit nogal erg,” sê dié ouer.

Die ouer sê past. Marais het na bewering die lyfstraf toegedien.

“Hy het die slaanwerk gedoen, ja. Hy sê blykbaar die Bybel gee vir hom die magtiging om die kinders te bliksem.”

Volgens die ouer het die skool beweer hul dogter het nie haar tuiswerk gedoen nie. “Sy het nie eers geweet waarvoor sy gewiks is nie. Vir 'n meisiekind is dit eintlik baie erger as vir 'n seunskind.”

Die ouer sê die skool het voorts beweer hulle het toestemming gegee dat hul kind geslaan word. Hulle betwis dié bewering.

Hul seun het ook destyds onder lyfstraf by dié skool deurgeloop, sê die ouer.

“Ek hoor die ding (die bewering oor naalde). Dit is lelik. Eintlik is dit 'n goeie skool, maar met hierdie slanery en naaldestekery begin dit nou handuit ruk en dis baie jammer. Hulle moet baie versigtig wees, want die ministerie kan die skool sluit.”

Die ouers en die skool het na wat verneem word ooreengekom dat hulle voortaan geraadpleeg sou word oor hul dogter se dissipline. Hulle moes onlangs verklarings by die onderwysministerie aflê.

Die pastoor het gister aan Republikein gesê: “Man, weet jy, ek wil nie nou oor dié goed praat nie. Die ministerie het die saak ondersoek en ons wag op hul verslag.”

Hy verstaan nie waaroor Lowry se vete teen die skool handel nie, sê past. Marais. Haar kinders was ook leerlinge aan die skool.

“Wat húlle kinders betref, het ons glad nie aan hulle geraak nie. Ons verstaan nie hoekom hulle in dié land wil bly nie. Sy sê ons het haar onregverdig laat gaan, maar sy het uit haar eie geloop.”

Hy het benadruk die skool word ingevolge Christelike beginsels bestuur. “Álles wat ons doen, is volgens die Bybel se beginsels.”

Hanse-Himarwa het onderneem om teen môre omvattende terugvoering oor die aangeleentheid te gee.

Mnr. Sisa Namandje, Lowry se prokureur, het laat gistermiddag bevestig hy is geraadpleeg en besluit tans oor die weg vorentoe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%