Stories op Note
Stories op Note

Stories op Note

Lloyd Zandberg
Marianne Wilders, 'n gebore Windhoeker, se passie vir kinders en musiek is die dryfveer agter die publikasie van haar eie boek genaamd “Stories op Note”.

Ná haar studies voltooi is, het sy in 1990 begin om klavier-, kitaar- en blokfluitlesse asook sangklasse, vandag bekend as musiekwaarderingklasse, aan te bied.

“Stories op Note het sy ontstaan te danke aan die kinders in my musiekwaarderingsklasse by Windhoek Afrikaanse Privaatskool. Ek het begin om stories te vertel om die musiekaspekte vir die kinders lewend te maak. Hulle het dit so geniet dat hulle elke les ’n nuwe storie wou hoor. ’n Ma het my genader en gevra waar sy die storieboek kan koop en dit het my laat besluit om hierdie boek te skryf,” vertel sy.

Elke les word deur middel van ’n storie oorgedra. Een van die stories fokus byvoorbeeld op muise in Italië, wat die herkoms van musiek en sy terme bespreek. Die les handel oor harde en sagte in musiek, met die boetie-muis wat “harde klanke” verteenwoordig met die naam Forte (Italiaans vir hard), en die sussie-muis wat die “sagte klanke” verteenwoordig met die naam Piano (Italiaans vir sag).

Sy het besluit om die boek self uit te gee. “Baie uitgewers het nie my motivering agter die boek se publikasie verstaan nie. Dit is nie ’n musiekboek of handleiding nie, maar ’n storieboek wat spesifiek ontwerp is om vir kinders musiek in sy wese aan die hand van prettige stories te verduidelik.”

Die motivering vir die boek is nie geld of wins nie, maar om haar liefde vir musiek aan mense, en veral kinders, oor te dra, en hopelik dieselfde liefde by hulle te kweek.

Wilders sê sy het haar liefde vir skryf en musiek aan haar ouers te danke.

Sy is tans besig om haar boek in Engels te vertaal en beoog om ook die boek in Duits uit te gee.

Dit kos R120 en belangstellendes kan haar by [email protected] of 081 259 6667 kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!