Stokperdjie word beroep

'n Windhoeker bedank as 'n IT-spesialis om kreatief met leer te wees.
Tanja Bause
Tanja Bause



“Al ons leerprodukte word hier in die winkel met die hand gemaak. Ons gebruik net gereedskap wat jy in jou hand kan vashou, soos leerprodukte nog altyd gemaak is. Mense kan hier inkom en sien hoe word hul handsak of beursie van die begin af gemaak,” sê Leon Engelbrecht, eienaar van Leon Engelbrecht Design (LED).

Leon is op Kathu, 'n klein myndorp in die Noord-Kaap, gebore en hy het saam met sy familie op 'n baie jong ouderdom Windhoek toe getrek.

“My ouers is geskei toe ek drie jaar oud was en ek en my suster het saam met my ma Kaap toe getrek. Ons het elke skoolvakansie op die bus geklim en Windhoek toe gery om vir my pa te kuier. Ek het altyd 'n baie nou verhouding met Namibië gehad.”

Sommige vakansies het sy pa selfs vliegkaartjies gestuur en die kinders het Namibië toe gevlieg.

“Ek was nie een van daardie kinders wat al op skool geweet het wat hulle ná skool wil word nie. Ek het geen idee gehad nie. Ek was nog altyd kreatief op skool. Ek het klavier gespeel en was by die kunste betrokke en is lief daarvoor, maar ek het ook gedink ek kan nooit 'n bestaan daaruit maak nie.”

Weens finansiële redes kon Leon nie ná skool universiteit toe gaan nie en hy het 'n jaar lange kursus in inligtingstegnologie (IT) gaan doen. Hy wou ná die voltooiing daarvan Engeland toe gaan.

“My pa het egter gesê jy kom Namibië toe, ek het 'n vakansiewerk vir jou in die IT-afdeling by my werk.”

Leon het Namibië toe getrek en begin werk.

“As 'n jong man was dit baie lekker om 'n salaris elke maand in jou sak te steek. Ek het gewerk en myself in die IT-wêreld begin opwerk. Ek het later van werk verander en was die bestuurder van die IT-afdeling en verantwoordelik vir 12 takke oraloor die land en oor landsgrense, maar ek was glad nie gelukkig nie. Ek het gevoel iets kort. Iets moet verander.

“Die geld was goed, maar daar was altyd die stemmetjie in my agterkop wat gesê het dit kan nie dit wees nie.”

VERANDERING

Die groot verandering het gekom toe Leon en sy lewensmaat 'n erf gekoop en hul eie huis begin bou het.

“Ons het iemand gekry wat die huis volgens ons behoeftes ontwerp het. Toe ons begin het om onder meer die teëls, verf en afrondings te kies, het ek geweet dit is iets wat my gelukkig maak. Ek het weer lus vir die lewe begin kry en nie lank daarna nie het ek my eie patroonreeks van ons rotstuin ontwerp en op kussingslope en tafellopers laat druk.”

Hy het raad oor binnenshuise ontwerp vir vriende begin gee en hier en daar gehelp.

“Ek het nog steeds die stresvolle IT-werk gehad, maar binnenshuise ontwerp is wat ek wou doen.

“My pa is in 2016 aan kanker oorlede en ek het gevoel hy wil vir my 'n skop onder my agterent gee, asof hy vir my sê, dit is nou jou kans om hier uit te kom. Ek het my werk bedank en is nog nie 'n dag spyt nie.”

Aanvanklik het hy begin om huise binne-in te ontwerp. In 2019 het hy 'n toekenning vir die beste binnenshuise ontwerp van 'n kantoor in Namibië en Afrika gewen.

“Dit was 'n toekenning vir 'n eiendomskompetisie wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is. Die ontwerp was van 'n hele vloer van 'n besigheid in Windhoek.”

Hy het ook 'n kursus in leerwerk gedoen.

“Ek het die kursus eintlik vir myself gedoen as 'n tipe stokperdjie en dat ek iets het wat ek op my oudag kan maak. Ek wou ook 'n nuwe vaardigheid aanleer en nou is dit 'n groot deel van LED.”

Talle mense het vir Leon in die sosiale media gevolg en sy sukses met die maak van leerprodukte gesien.

“Baie van die mense het my genader en gesê hulle wil 'n sak hê. Een vrou het kongressakke vir kongresgangers gesoek. Ek het omtrent drie weke tyd gehad om die bestelling te voltooi. Ek het dag in en dag uit op my eie in die motorhuis van ons huis gesit en die bestelling gemaak.”

Nou word die produkte in die LED-winkel in die Maerua-inkoopsentrum in Windhoek gemaak.

“Ek ontwerp die produkte self en alles word met die hand gemaak. Ons gebruik ook net gereedskap wat met die hand vasgehou word. Hier by ons sal jy nie 'n naaldwerkmasjien vind nie. Ons gebruik geen masjiene gedurende die proses nie. Ons kap elke gat individueel en gebruik twee naalde vir die stik. Ons stik met die hand; dit is hoe ek geleer is, op die ou tradisionele manier. Dit is hoekom ek met 'n geruste hart 'n lewenslange waarborg op ons stiksels kan gee.

“Alles in die winkel is met liefde en passie gemaak. Niks word hier in massas geproduseer nie.”

Tans het LED drie vaste werkers en een tydelike werker. Al die werkers is deur Leon self opgelei.

Leon het intussen ook 'n kursus gedoen om leerskoene te maak, iets wat hy in die toekoms in die winkel wil doen.

“Net omdat ek leerhandsakke kan maak, beteken dit glad nie dat ek skoene kan maak nie. Dit is iets heel anders, maar ek wil dit graag in die toekoms doen.”

Leon kry sy leer vanaf Namibië, Suid-Afrika en selfs Italië.

“Dit hang af van wat ek maak en watter gehalte leer ek benodig.”

RAAD

“Gebruik jou vaardighede. Ek praat van almal wat hul hande gebruik soos onder meer loodgieters, elektrisiëns en motorwerktuigkundiges. Almal hoef nie universiteit toe te gaan om 'n dokter of 'n geoktrooieerde rekenmeester (CA) te word nie. Gebruik jou sterk punte. As jy kreatief is of goed met jou hande is, fokus daarop. Jy is nie minder werd omdat jy nie in die sosiale drukvorm pas nie. As jy goed in iets is, vind uit hoe jy 'n bestaan daaruit kan maak en doen dit.”

Wat volgens hom ook baie help, is 'n goeie ondersteuningsnetwerk. Dit kan 'n lewensmaat, familie óf vriende wees.

“As jy 'n goeie ondersteuningsnetwerk het, is die hemel jou grens en niks kan jou keer nie.”

TOEKOMSPLANNE

“Nou kan niemand my meer terughou nie. Ek wil bou, groei en nog meer werk vir Namibiërs skep.

“Ek wil uitbrei. Ek is gefassineerd met die bespoke (op maar gemaakte) sakke. Die luukse sakke wat mense by ontwerpers laat maak. Die sakke wat van duurder leer gemaak is en baie fyner steke het. Ek sal graag my leerhandwerk in daardie rigting wil stuur. Waar my produkte en afrondings op 'n meer luukse vlak is.

“Mens kan nooit ophou leer nie, so ek wil kyk hoe ver kan ek dit vat.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.56/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0115 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.35/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 908.82/OZ DOWN -0.0131 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.56/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0115 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.35/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 908.82/OZ DOWN -0.0131