Stoetbul op Okakango gestroop

’n Boer wie se plaas naby Okahandja geleë is, het groot skade gely toe stropers sy stoetbul en nog ander beeste doodgeskiet het.
Tanja Bause
Katarina Moser – Boere in Namibië en veral in die omgewing van Okahandja meld steeds gereeld gevalle van stropery aan.

Verlede Vrydag het Sigi Hecker ’n slagoffer geword. Hy boer op die plaas Okakango, sowat 15 kilometer noord van Okahandja.

Laat namiddag het onbekende verdagtes ’n stoetbul, ’n dragtige koei en ’n kalf geskiet en die vleis gebuit. Nog ’n koei is gekwes. Al die beeste was Brahmane.

“Dis nie die eerste keer dat ons beeste gestroop word nie, maar hulle is nog nooit geskiet nie en ook nie soveel op een slag nie,” het hy gesê.

Sy plaas is naby die hoofpad tussen Okahandja en Otjiwarongo. Die stropers het glo só toegang tot sy plaas verkry.

“Hulle het die diere in die kop geskiet, die vleis na die hoofpad gedra en met ’n voertuig op die vlug geslaan.”

Die velle van die geslagte beeste is later by die Osona-brug op pad na Windhoek toe gekry.

Hecker het reuseskade gely. “Toe ek die stoetbul gekoop het, was hy N$80 000 werd. Hy is nou tussen N$100 000 en N$200 000 gewaardeer.”

Hy sê sy gesamentlike verlies kan N$160 000 of selfs meer as N$200 000 beloop.

Die geldelike skade is een ding, maar hy sê: “Vir my gaan dit oor die diere. Ons het saam hier iets opgebou.”

Dis boonop nie die eerste voorval op sy plaas nie.

“Net vanjaar alleen is sonkrag- en waterpompe ter waarde van N$250 000 gesteel,” het hy gesê.

Die stropers het met die vleis deur Okahandja se padblokkade gery.

“Niemand het iets agtergekom nie. Ek weet nie wie is miskien nog kop in een mus nie.”

Die diefstal het nie net sy Kersplanne deurmekaargekrap nie, maar opnuut vir hom tuisgebring hoe moeilik dit deesdae is om in dié omgewing te boer.

“Dank die Here dat ek nog ander inkomste het. As ek net van die boerdery moes oorleef, sou dit baie moeilik wees,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!