Stiller vakansie aan die kus

Die impak van Covid-19 plaas ’n demper op die vakansiestemming aan die kus.
Tanja Bause
Adam Hartman in Swakopmund – Mense is moeg vir Covid-19 en al die gepaardgaande uitdagings wat hulle oor die afgelope twee jaar ervaar het.

Die Desembervakansie bied ’n geleentheid om te vergeet en te ontspan terwyl die son, see en sand langs Namibië se kus geniet kan word. Die kus is bekend daarvoor dat dit die ideale, beproefde vakansiebestemming is.

Vanjaar se vakansiebui is egter anders, meestal as gevolg van mense se geldsake. Vakansiegangers draai hul sente om weens die pandemie.

Die meeste vakansiegangers is plaaslik, omdat talle buitelandse toeriste, asook van ons buurlande, verkies om tuis te bly. Dit omdat hulle óf nie na Namibië kan reis vanweë beperkings nie, óf nie duisende dollar aan Covid-toetse wil spandeer voordat hulle die grense kan oorsteek nie. Dieselfde word op Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai ervaar.

VOEL ANDERS

Me. Abigail Kandorozu van die Walvisbaai-toerismesentrum sê die atmosfeer vanjaar is nie dieselfde as vorige jare nie.

“Mense geniet steeds enige feestelike geleenthede en is gretig om na partytjies te gaan, te reis en pret te hê, maar daar is ’n gevoel van versigtigheid,” het sy gesê.

Sy sê dis meestal Namibiërs wat na die hawedorp kom en die meeste van die besprekings was by selfsorg- en bed-en-ontbyt-instansies.

“Die hotelle is te duur vir die plaaslike inwoners en daar is nie baie buitelanders nie, dus vaar die kleiner ondernemings ’n bietjie beter,” het sy verduidelik.

Besprekings vir avontuuraktiwiteite het ook aansienlik afgeneem omdat plaaslike inwoners eerder “hul eie ding doen” deur na strande of parke te gaan of vis te gaan vang en te braai, het sy gesê.

Kandorozu het gesê ’n hooftrekpleister vir die dorp was altyd die groot, georganiseerde partytjies gedurende dié tyd van die jaar, maar dit het ook afgeskaal, of vind nie meer plaas nie.

SENTRUM VAN AANTREKKINGSKRAG

Me. Loerette Koen, die bemarkingskoördineerder van die Dunes Mall-inkoopsentrum, sê die winkelsentrum op Walvisbaai was sover besig, aangesien dit die ideale eenstopplek is vir vakansiegangers om alles te kry wat hulle nodig het.

Daar word verwag dat algemene kleinhandelaars ook goed sal vaar, want mense kry die meeste van die noodsaaklikhede daar.

“Ons is tans baie tevrede met die verkeer, maar almal van ons glo natuurlik altyd ons kan beter doen. Daar heers ’n vakansie-atmosfeer, ongeag Covid-19,” het sy gesê.

“Ons is beslis optimisties. Ons moet positief bly in hierdie tye waar daar soveel negatiwiteit is.”

Die sakeman en hoteleienaar mnr. John Savva het gesê Covid bly ’n “baie sensitiewe kwessie”, selfs in die vakansie, en dat mense steeds versigtig moet wees.

Hy sê alle besighede is onder “ernstige druk” om op te maak vir hul verliese van die afgelope twee jaar. Savva het beklemtoon dat dienslewering deur die plaaslike owerhede noodsaaklik is vir ’n suksesvolle feesseisoen en vakansiebesighede.

“Hierdie dienslewering moet doeltreffend en van ’n hoë standaard bly ongeag die druk wat gedurende hierdie tye ervaar word. Dienslewering is soos olie vir die ratte van ’n besigheid,” het hy gesê.

BAIE STIL

Volgens me. Anett Kötting, die voorsitter van die Hotelvereniging van Namibië in die Erongostreek, kan “mens voel die kus is stiller”.

“Ons mis ons toeriste, veral ons besoekers van Botswana, en dis alles ’n kwessie van koste,” het sy gesê.

“Gewoonlik sou ons talle groot gesinne daarvandaan sien kom, maar nou moet hulle Covid-toetse doen wanneer hulle kom en gaan. Dis duisende dollars wat spandeer word vir ’n vakansie wat hulle nog nie eens begin het nie. Hulle sal eerder verkies om die vakansie in hul eie land deur te bring.”

Sy voeg by baie Namibiërs wat gewoonlik hul Desembervakansies by die kus sou deurbring, maak gebruik van die talle goedkoop Swart Vrydag-spesiale aanbiedinge wat deur ’n verskeidenheid organisasies aangebied is om besigheid na veral lodges en parke oraloor die land te lok.

Volgens haar kies vele besoekers ook om korter vakansies te hou en om in tente te kampeer, of by selfsorgplekke te bly. Volgens haar is die besetting tans aan die kus op ongeveer een derde van sy kapasiteit, aangesien mense gemiddeld net een nag in plaas van drie by enige gegewe instansie sou deurbring.

“Dis natuurlik goedkoper, maar dit het ook ’n domino-effek op stroomaf besighede wat die gewig voel van die ekonomiese impak van die pandemie,” sê sy, met spesifiek verwysing na restaurante wat lank gesluit was en wat na ’n bedrywige vakansietyd voor ’n rustiger Nuwejaar uitsien.

Kötting het Namibiërs daaraan herinner dat hulle van die mees gelukkige mense ter wêreld is omdat geen inperking of streng Covid-maatreëls vir die vakansietyd van krag is nie.

“Ons moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie en moet waaksaam bly, want as ons onverantwoordelik is, sal ons almal dit voel. Doen dus die regte ding,” het sy gemaan.

VOL BESPREEK

Mnr. Lukas Nghitaunapo, kampbestuurder van die Swakopmund-rushuise, sê die vooruitsigte tot Nuwejaar lyk goed.

“Ons is vol bespreek vir die volgende twee weke of so, maar die meeste van ons kliënte is plaaslike mense. Die getalle uit Botswana en Suid-Afrika is baie min weens Covid-19.”

Mnr. Paul Ndjambula, die president van die Swakopmund-sakekamer, het gesê groot sportbyeenkomste wat onlangs by die kus aangebied is, soos die Nedbank Desert Dash, was goed vir plaaslike sakeondernemings aangesien hierdie geleenthede baie mense gelok het.

“Ons was gelukkig met hierdie groot geleenthede, maar agterna is die mense weer huis toe. Hulle bly nie en spandeer geld nie. Dis goedkoper by die huis,” het hy gesê en bygevoeg mense hou aan hul geld vas weens die onsekerhede wat steeds rondom die pandemie bestaan.

“’n Maand gelede was akkommodasie-instellings nog tot 80% vol bespreek, en toe het hierdie besprekings gedaal met die aankondiging van Omicron. Nou is dit almal plaaslike inwoners wat die ekonomie aan die gang moet hou,” het hy gesê.

Ndjambula reken die meeste geld sal by supermarkte bestee word en dat mense eerder van die huis of op die strand sal smul as om na restaurante te gaan. Mense sal ook heelwat minder as gewoonlik aan uitspattige Kersgeskenke bestee.

“Wat duidelik word, is die menslike inhoud van Kersfees. Vir familie en vriende om saam te wees, is meer waardevol as om die klein bietjie geld wat mense het op arbitrêre items vir Kersfees te spandeer,” het hy gesê.

BESIGHEID GOED

Wat Hentiesbaai betref, gons dié dorp op die oomblik en daar is beslis ’n vakansie-atmosfeer, volgens die plaaslike sakeman mnr. Leon Krauze.

“Alles is vol en ons is besig. Jy moet verstaan, Hentiesbaai is maar net só groot en dit vat nie veel om ons vol te maak nie, maar ek kan beslis sê die vakansie is hier,” het hy gesê.

Die pad wat Swakopmund en Hentiesbaai verbind, het egter vorige Desembers buffer-teen-buffer-verkeer gehad, wat nie tans die geval is nie. Dit lyk asof mense bly waar hulle is en nie te veel tussen dorpe reis nie.

“Ek dink nie dit sal so malhuis soos altyd wees nie, maar ons is seker almal sal ’n stukkie van die koek kry,” het Krauze gesê.

Me. Dalene Agenbag van Hentiesbaai Spar sê “die vakansiestemming is reg” en terwyl mense moeg vir Covid-19 is, probeer hulle by die maatreëls hou.

“’n Ander mentaliteit heers wanneer dit by besteding kom. Mense is meer selektief. Hoe dit met die goeie ou jare vergelyk? Ek kan nie eens onthou hoe daardie jare was nie! Mense wil net ontspan en alles weer soos normaal hê,” het sy gesê.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.96 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.13/OZ DOWN -0.005 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0133 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.39/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 909.08/OZ DOWN -0.0129 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.96 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.13/OZ DOWN -0.005 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0133 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.39/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 909.08/OZ DOWN -0.0129