Stiefpa verskyn vir verkragting, dood van meisie
Stiefpa verskyn vir verkragting, dood van meisie

Stiefpa verskyn vir verkragting, dood van meisie

Voorleggings is verlede Donderdag deur regspraktisyns in die hoërhof gemaak in die saak van ''n plaaswerker wat daarvan beskuldig word dat hy sy stiefdogter op 19 September 2013 seksueel aangerand en vermoor het.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Staatsadvokaat Cliff Lutibezi het tydens sy slotbetoog in die saak van die beweerde moord op die 18-jarige Izelda Kock deur haar stiefpa, mnr. David Kido, gesê sy getuienis voor die hof het soveel verskillende weergawes gelewer dat niemand meer weet wat die regte een is nie.

Hy het verder betoog dat die foren­siese getuienis nie van hulp was nie omdat die liggaam van Kock in ''n toestand van ontbinding was toe dit gevind is.

Volgens hom was genoeg omstandigheidsgetuienis wel beskikbaar om ''n sterk saak teen Kido op te stel.

Lutibezi het verskeie teenstrydighede in die getuienis van Kido uitgewys. Kido het byvoorbeeld ná die beweerde moord verduidelik dat die krapmerke aan sy lyf die gevolg van ''n fietsongeluk in Augustus was, maar volgens ''n doktersverslag sou dié wonde op 26 September reeds genees het, en nie so vars voorgekom het nie.

Lutibezi het die hof versoek om Kido aan al die klagte teen hom skuldig te bevind.

Hy word van vyf klagte beskuldig: Moord, verkragting, dwarsboming van die gereg en twee klagte van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak.

Kido se prokureur, mnr. Titus Mbaeva, het aangevoer die staat het nie bo redelike twyfel bewys dat Kido die oorledene verkrag het nie.

Hy het verder aangevoer dat sekerheid nie bestaan of enige seksdaad vóór of ná haar dood met haar gepleeg is nie. Kido se pleit in verband met die moordklag is dat sy per ongeluk doodgemaak is.

Mbaeva het ook betoog die staat nie bewys het dat Kido aan dwarsboming van die gereg skuldig is nie.

Volgens die klagstaat was Kido ''n aanneemvader vir Kock en haar suster omdat hy in ''n romantiese verhouding met die meisies se moeder was.



Druip

Die oorledene en haar suster het hul skooleksamens gedruip en het die Augustus 2013 skoolvakansie op die plaas Jakkalsfontein in die distrik van Mariental deurgebring waar die beskuldigde in diens was. Kido het glo daarop aangedring dat die susters skool moes verlaat, maar hulle was vasbeslote om hul skoolloopbane voort te sit.

Kido het die oorledene glo beveel om die plaas te verlaat en terwyl sy op pad was, het hy haar gevolg en met ''n paal geslaan.

Hy het haar suster na bewering ook met die paal geslaan.

Gedurende September 2013 het die oorledene alleen by haar stiefpa op die plaas gebly.

Dit is die staat se saak dat Kido die oorledene gedurende die tydperk 18 tot 23 September verkrag het.

Hy het haar na bewering verwurg en met ''n onbekende voorwerp oor die kop geslaan waarna hy haar begrawe en haar besittings verbrand het.

Die beskuldigde het Kock as vermis by die polisiekantoor op Mariental aangegee.

Waarnemende regter Boas Usiku sal sy uitspraak op 29 November lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%