Steytler verlaat Staatshuis
Steytler verlaat Staatshuis

Steytler verlaat Staatshuis

Dr. Alfredo Hengari, die president se woordvoerder, het in 'n bondige verklaring gesê Steyt­ler het verlede Maandag reeds bedank.

Dit was ook sy laaste werkdag, het Hengari gesê.

Die verklaring beslaan drie sinne.

Naas die aankondiging, lig dit die land in Steytler was die presidensiële raadgewer oor die ekonomie tussen 1 Julie 2015 en 4 Maart vanjaar.

Hiernaas word hy sterkte met sy toekomsplanne toegewens.

Oor dié planne het Hengari soos die graf geswyg.

“Vra hom.”

Voor sy termyn by Staatshuis was Steytler die statistikus-generaal by die Namibië Statistiekagentskap (NSA).

Hy kon nie gistermiddag vir kommentaar bereik word nie.

Die nuus oor sy bedanking kom een week voor die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, na verwagting aanstaande Dinsdag die nasionale begroting vir die 2019-'20-boekjaar in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel sal lê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!