Stewige wins vir Nedbank Namibia in 2016-boekjaar
Jo-Maré Duddy – Nedbank Namibia het sy 2016-boekjaar met ‘n netto wins van bykans N$301,1 miljoen afgesluit, sowat 10% meer as die vorige jaar.
Die bank se totale leningsboek op 31 Desember verlede jaar was meer as N$11,2 miljard,’n styging van sowat 14,5% teenoor 2015.
In die 12 maande onder oorsig het Nedbank Namibia se netto rente-inkomste met 19,7% tot sowat N$641,3 miljoen gestyg. Die bedryfsinkomste van meer as N$967 miljoen was 9,7% hoër as in die 2015-boekjaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie