Sterker storms woed teen betonreus in die Mole
Die voorgenome bouery is glo reeds deur die Swakopmundse komitee oor estetika, Namport en die ministerie van presidensiële aangeleenthede verwerp.
Des Erasmus - Die ministerie van presidensiële aangeleenthede is blykbaar ‘n nuwe swaargewig in die kryt teen die koms van ‘n kleindorpse wolkekrabber van 10 verdiepings in die Swakopmundse Mole.
Die betonblok met ‘n hoogte van 36,6 m word in die nabyheid van die staatshoof se tradisonele en geskiedkundige somertuiste beplan.
Dié betrokkenheid word deur die Swakopmundse Inwonersvereniging (SRA) beweer.
Die SRA met sy enkele lid in die Swakopmundse stadsraad voer aan die stadsraad het die hoogtebeperking vir geboue op die vakansieoord “afwykend, verdag en agteraf” na 40 m laat styg om voorsiening vir die omstrede konstruksie te maak.
Die SRA bestempel die stadsraad se jawoord vir die afskaffing van die ou hoogtebeperking as “raaiselagtig”.
“Ons stel baie vrae aan die munisipaliteit oor die optrede en word van antwoorde verseker, maar kry dit nooit nie,” word beweer.
“Iets stink soos Shakespeare se rot in Denemarke.”
In die skrywe word Swakopmunders deur die SRA verseker die saak sal nie daar gelaat word nie en dat dit na ’n hoër gesag as die “onbetroubare en verdagte” stadsraadslede geneem sal word.
Die SRA wys daarop dat die voorgenome bouery reeds deur die Swakopmundse komitee oor die estetika, Namport en nou ook deur die ministerie van presidensiële aangeleenthede verwerp is.
Vroeër is verset ook deur die Erfeniskomitee beweer.
Namport se beswaar is dat die vuurtoring se lig deur so ‘n gebou versper gaan word.
Die SRA het teen die einde van verlede jaar al ‘n petisie met 2 150 handtekeninge teen die voorgestelde gebou by die munisipaliteit ingehandig.
Volgens die nuusbrief het die petisie toe gesluit, maar word dit nou weens openbare druk heropen.
Die Inwonersvereniging sê ook die waarde van geboue in die omgewing van hoë konstruksies neem af.
Voorbeelde hiervan kan glo in Kaapstad, Durban en Port Elizabeth gesien word.
“In die nabyheid van sodanige hoë geboue val huurgelde, verlaag lewenstandaarde en raak die gebiede afgesloof,” sê die vereniging.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie