Sterk winde, koue glo op pad
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor het ’n waarskuwing teen sterk winde vir môre in die Suide, Weste, sentrale dele en Ooste uitgereik, terwyl koue weer glo ook vir Saterdag op pad is.
Volgens ’n weerberig wat deur die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi uitgereik is, kan Namibiërs reeds môre koel weer in die Suide en Weste verwag, met reënbuie wat na verwagting teen Saterdag in die ||Kharasstreek, of die verre Suide, kan voorkom.
“Koue weer word teen Saterdag oor die meeste streke verwag, behalwe in die Noorde. Mense moet die nodige voorsorgmaatreëls tref,” het Kgobetsi gewaarsku.
Waarskuwings van stormsterk winde vanaf môre het ook in landbouers se sosiale media verskyn, met versoeke wat versoek dat ekstra versigtigheid aan die dag gelê moet word om nie veldbrande te veroorsaak nie.
Dit volg ná ’n reeks veldbrande die afgelope weke in Namibië voorgekom het, met ’n veldbrand in die Okahandja-omgewing wat gister ná twee dae geblus is.
LandWater, ’n nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's wetenskaplik analiseer en interpreteer, sê winde tel reeds sedert vanoggend omstreeks 10:00 spoed op, “veral deur die sentrale na westelike Suid-Afrikaanse binneland, asook die sentrale na suidelike Namibië.”
LandWater meen stormsterk rukwinde van tot sowat 62h/km kan teen Sondag in die meer oostelike platorand en suidelike Namibië voorkom. Dit alles in afwagting vir ’n kouefront, wat teen môre by die suidpunt van die Afrika-vasteland sal
aandoen.
“Dit sal na verwagting aansienlike koue asook reën vir veral Suid-Afrika beteken, met ryp as ‘n
moontlikheid.
“’n Kans bestaan op uitgebreide ryp oor etlike dae, wat langs die westelike en suidelike platorand
anker . . . Sondag- tot Woensdagoggend is die ankeroggende,” het LandWater op sy Facebook-blad oor Suid-Afrika
geskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie