Sterftekoers onder swanger vroue te hoog
Sterftekoers onder swanger vroue te hoog

Sterftekoers onder swanger vroue te hoog

In Namibië is die sterftekoers onder swanger vroue 195 uit 100 000 lewendige geboortes.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Hoewel belangrike vooruitgang met 'n afname van 40% in die sterftekoers vir swanger vroue en pasgebore babas die afgelope twee dekades gemaak is, sterf jaarliks byna 300 000 vroue as gevolg van swangerskapverwante oorsake.

Dit beteken 810 vroue sterf daagliks aan voorkombare oorsake wat met swangerskap en kindergeboorte verband hou. Die meeste van dié sterftes (94%) kom in ontwikkelende lande soos Namibië voor, met Afrika suid van die Sahara alleen wat verantwoordelik is vir byna twee derdes (196 000) van die wêreld se sterftes onder swanger vroue. Die sterftekoers onder swanger vroue asook vir doodgeboortes vir dié streek staan op 542 uit 100 000 lewendige geboortes teenoor die globale koers van 211. Die koers vir doodgeboorte is 22 teenoor die globale koers van 17. In Namibië is die sterftekoers onder swanger vroue 195 uit 100 000 lewendige geboortes.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het erken dié sterftes is 'n reuse-uitdaging in Namibië.

Hy het beklemtoon kwaliteit- en doeltreffende voorgeboortesorg (ANC) verhoed onder meer doodgeboortes en bied die geleentheid vir geïntegreerde sorg tydens swangerskap.

Hy het tydens die amptelike bekendstelling van die nasionale riglyne vir voorgeboortelike sorg vir 'n positiewe swangerskap 2020 dit beskryf as 'n gids vir gesondheidswerkers om die oorlewingskoers van swanger vroue en hul babas te verbeter.

Shangula sê die hooffaktore wat vroue verhoed om hulp te soek of te ontvang tydens swangerskap en kraam, sluit in armoede, die afstand na geriewe, gebrek aan inligting, onvoldoende en swak gehaltedienste, asook kulturele gelowe en praktyke.

“Meer as vyf miljoen doodgeboortes en pasgebore sterftes kom oraloor die wêreld voor, waarvan 99% in lae- en middel-inkomstelande. Meer as 70% van dié vroue kon met kwaliteitdienste vir swanger vrou en pasgebore babas gered word,” het hy gesê.

Volgens die Namibiese Demografiese en Gesondheidsopnameverslag van 2013 was die sterftekoers onder swanger vroue (MMR) beraam op 385 uit 'n 100 000 lewendige geboortes, 'n effense afname van die 449 per 100 000 lewendige geboortes in 2006.

Koerse soos bepaal deur onder meer die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en Unicef vanaf 2000 tot 2017 plaas Namibië op 195 uit 100 000 lewendige geboortes.

Die gedeelte van geboortes wat deur vaardige personeel bygewoon word, staan op 88%, terwyl die sterftes onder pasgebore babas op 16 uit 1 000 lewendige geboortes staan.

Die WHO se verteenwoordiger in Namibië, dr. Charles Sagoe-Moses, het tydens dieselfde geleentheid verwys na die volhoubare ontwikkelingsdoelwit (SDG) om die sterftekoers na 70 uit 100 000 lewendige geboortes te verminder.

Volgens hom is ANC een van die sleuteldienste wat aan die ma en ongebore baba verskaf word en wat 'n noodsaaklike deel van basiese primêre sorg tydens swangerskap vorm. Dit bied ook die geleentheid om risikofaktore te voorkom, op te spoor en te behandel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!