Sterfte: Babatjie was 'te siek'
Sterfte: Babatjie was 'te siek'

Sterfte: Babatjie was 'te siek'

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die babadogtertjie wat 'n week gelede in die Katutura-kliniek gesterf het, is glo wél deur 'n dokter en 'n verpleegster gesien.

Die direkteur van gesondheid vir die Khomasstreek, me. Elizabeth Muremi, het die ses maande oue dogtertjie se dood bevestig.

Volgens Muremi het die baba vir vier dae erge diarree gehad en gebraak voordat sy na die kliniek gebring is.

Muremi sê voorts die ma en baba was volgens personeel omstreeks 16:35 by die kliniek.

“Met hul aankoms is probeer om vir haar medisyne te gee, maar dit was te laat. Sy is deur 'n dokter en 'n verpleegster gesien,” het Muremi by navraag gesê.

Republikein het vroeër berig die ma het volgens 'n ooggetuie desperaat die aandag van personeel probeer trek. Ook was daar baie pasiënte wat glo vir ure op mediese hulp gewag het. Nog 'n klagte was dat voorkeur nie aan bejaardes en kinders gegee word nie.

Dit is egter deur Muremi weerlê wat sê “kinders het hul eie ry”.

Ook beweeg personeel volgens haar deur die rye om te kyk watter pasiënte dringend mediese sorg moet ontvang.

Ernstig siek pasiënte word volgens haar ook na die Katutura-staatshospitaal vir behandeling verwys.

Sy het voorts gesê die dogtertjie se dood sal deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ondersoek word. “Wanneer so 'n voorval plaasvind, is daar altyd 'n ondersoek,” het Muremi beklemtoon.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!