Stem nou vir Swakopmund
Swakopmund is ’n finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie.
Stuur voor 12:00 ’n SMS na 33157 om vir Swakopmund as dorp van die jaar te stem. Die SMS kos N$1.50 en 30 SMS’e per nommer mag gestuur word.
Namibiese en Suid-Afrikaanse dorpe met minder as 500 000 inwoners en wat nie onder 'n metropolitaanse gebied val nie, kan aan die kompetisie deelneem.
Swakopmund is in die Namibwoestyn aan die kus geleë en die naam beteken "mond van die Swakoprivier", want dit is hier waar die rivier die Atlantiese Oseaan bereik. Die argitektuur verklap die dorp se Duitse geskiedenis. Swakop, soos mense wat die plek goed ken daarna verwys, staan bekend vir sy aktiwiteite te kus en keur. Geskiedenis en kultuur word ook nie afgeskeep nie. Danksy ’n uitstekende kombinasie van avontuur en natuur, het talle mense al hul harte op die dorp verloor. Enige besoeker, plaaslik of internasionaal, word deur die Namibiese gasvryheid daar geraak.
Die wendorp word op 16 Junie om 18:00 op Kwêla (kykNET, kanaal 144) aangekondig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie