• Tuisblad
  • Sake
  • Steinhoff wil deel van KAP teen R3,8 miljard verkoop
Steinhoff wil deel van KAP teen R3,8 miljard verkoop
Steinhoff wil deel van KAP teen R3,8 miljard verkoop

Steinhoff wil deel van KAP teen R3,8 miljard verkoop

Nellie Brand-Jonker - Steinhoff International het gister­oggend aangekondig hy gaan 450 miljoen van sy aandele in KAP ­Industrial verkoop.

Teen Maandag se sluitingsprys beloop dit sowat R3,8 miljard wat hy wil insamel.

Steinhoff hou deur 'n volfiliaal 43% of 1,14 miljoen aandele van KAP.

Steinhoff het beleggers in 'n handels­verklaring wat op 28 ­Februarie ­uitgereik is, ingelig dat hy steeds stappe doen om die skuld in sy Suid-Afrikaanse bedrywighede te herfinansier of af te los.

Nadat die aandele verkoop is, gaan Steinhoff sowat 26% van KAP oorhou.

Steinhoff is van voorneme om die oorblywende belang in KAP minstens 90 dae te hou.

Die maatskappy sê in 'n verklaring hy beskou KAP steeds as 'n goeie ­belegging.

Steinhoff sê KAP het sedert 2012 vanweë sy goeie groei waarde vir ­aandeelhouers geskep.

Steinhoff gaan 'n versnelde boekbou hou om die aandele te verkoop. Dit gaan aan 'n aanvaarbare prys ­onderhewig wees.

Die aandele gaan aan kwalifiserende institusionele beleggers verkoop word.

KAP se aandeelprys het gisteroggend met 2% tot R8,30 gedaal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!