• Tuisblad
  • Sake
  • Steinhoff wil appelleer teen interdik oor Pepkor
Steinhoff wil appelleer teen interdik oor Pepkor
Steinhoff wil appelleer teen interdik oor Pepkor

Steinhoff wil appelleer teen interdik oor Pepkor

Die voormalige eienaars van Tekkie Town het vir die interdik gevra hangende die uitslag van hul eis wat verlede jaar teen Steinhoff gebring is om hul onderneming en aandele terug te kry.
Nellie Brand-Jonker – Steinhoff het ’n aansoek om verlof tot appèl gebring teen die interdik van die hooggeregshof in Kaapstad wat einde April toegestaan is om hom te belet om sy belang in Pepkor te verkoop.

Regter Nathan Erasmus, wat Dinsdag die redes vir sy bevel uitgereik het, sê die aansoek om verlof tot appèl word in September aangehoor. Hy het weer gesê die hooggeregshof wil al die Steinhoff-hofsake versnel, en hy het om verskoning gevra vir die vertraging met die uitreiking van die redes vir sy bevel.

Die interdik is einde April toegestaan nadat ’n dringende aansoek daarvoor deur die voormalige eienaars van Tekkie Town, onder meer Braam van Huyssteen en Bernard Mostert, gebring is. Hulle het die aansoek gebring nadat Steinhoff van sy bates in Suid-Afrika verkoop het en hulle gevrees het dieselfde gaan met Tekkie Town gebeur.

Die voormalige eienaars van Tekkie Town het vir die interdik gevra hangende die uitslag van hul eis wat in 2018 teen Steinhoff gebring is om hul onderneming en aandele terug te kry.

Steinhoff se filiaal Pepkor besit nou Tekkie Town.

Pepkor, sy filiaal Pepkor Speciality en Tekkie Town is saam met Steinhoff respondente in die aansoek. Die interdik word beskou as problematies vir Steinhoff indien hy van sy aandele in die genoteerde Pepkor wil verkoop om van sy skuld te delg.

Die hof het bepaal dat hy sy beheer oor Pepkor op so ’n wyse moet behou dat die aandeelhouding in Tekkie Town soos dit nou is, bewaar word.

Erasmus sê na sy mening het die applikante ’n goeie saak uitgemaak vir die dringende grondslag waarop die aansoek gebring is, asook vir die skade wat hulle wil voorkom.

Hy sê hy het die bevel op so ’n wyse geskryf dat veiligheidsmaatreëls ingebou is om nie onnodiglik die bedrywighede van Pepkor, sy filiaal Pepkor Speciality en Tekkie Town te ontwrig nie, “omdat hulle waarskynlik ook slagoffers is van die oënskynlike grootskaalse skemas van Markus Jooste (voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff) namens Steinhoff.”

Hy het nie ’n kostebevel gemaak nie omdat hy “nie seker is wat gaan gebeur met die saak indien dit behoorlik in die hof aangehoor word nie”. “Dit sal voortydig wees om die respondente in hierdie stadium te straf met ’n kostebevel.”

Erasmus het verwys na Pepkor en Pepkor Speciality se verweer in die aansoek en sê hulle het die aard van die verhouding tussen en onder mekaar in die Steinhoff-groep uit die oog verloor.

“Dit (die verhouding) is miskien ook nie altyd op die eerste oogopslag wat voorgegee word nie,” sê hy.

Hy het verwys na hoe Tekkie Town tot binne Pepkor gevloei het, soos die applikante in hul hofstukke uiteengesit het.

Erasmus sê die pad waarlangs die Tekkie Town-onderneming en die aandele se oordrag binne die Steinhoff-groep plaasgevind het, en watter tydlyn gevolg is, is beraam voor die eerste oordrag plaasgevind het.

Netwerk24 het voorheen berig oor die applikante wat by die verhoor oor die interdik aangevoer het hoe die onderneming en aandele van een maatskappy na die ander in die groep oorgedra is.

“Sommige van die besluite is geneem die dag voordat die transaksie sou plaasvind en op dieselfde dag sou die oordrag van een filiaal na die ander plaasvind, óf teen dieselfde prys, óf teen ’n oordrewe prys, en daar is nog steeds ’n kwessie van miljoene wat ontbreek met die eerste oordrag,” sê Erasmus.

Hy het verwys na Pepkor wat boonop ook in ’n verwante hofsaak aangevoer het die verkoop van die aandele en die Tekkie Town-ondernemings was deel van ’n “interne herstrukturering”.

Hy vind dit nie nodig om vir die doeleindes van die aansoek ’n onderskeid te tref tussen die vraagstuk of die onderliggende transaksie ’n uitruil of ’n verkoop was nie.

Volgens die regter toon die ooreenkoms wat die applikante met die groep gesluit het, dit was ’n uitruiling van die totale aandeelhouding, tesame met die onderneming wat deur hulle bedryf was, asook die geassosieerde bates, wat vir aandele in Steinhoff geruil is.

“Dit het geblyk klatergoud te wees as gevolg van die wanvoorstellings wat deur Markus Jooste namens die eerste respondent, Steinhoff, gemaak is.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%