• Tuisblad
  • Sake
  • Steinhoff: Bedanking nie weens ‘ongerymdhede’
Steinhoff: Bedanking nie weens u2018ongerymdhedeu2019
Steinhoff: Bedanking nie weens u2018ongerymdhedeu2019

Steinhoff: Bedanking nie weens ‘ongerymdhede’

Dieperink het finansiële hoof geword ná die Steinhoff-bom gebars en sy voorganger bedank het.
Nellie Brand-Jonker – Steinhoff het Maandag by navraag ontken dat Philip Dieperink se bedanking as finansiële hoof met die ongerymdhede by die groep verband hou.

Sy bedanking kom skaars ’n jaar nadat hy met ’n vierjaartermyn as finansiële hoof begin het.

Steinhoff het Maandagoggend in ’n verklaring aangekondig Dieperink bedank met “wedersydse instemming” op 31 Augustus ná die maatskappy se jaarvergadering uit sy pos as uitvoerende direkteur en finansiële hoof.

Sy vierjaartermyn is op verlede jaar se jaarvergadering goedgekeur.

Steinhoff sê nie in die verklaring wat Dieperink se toekomsplanne is nie. Hy bly egter aan vir ’n oorgangstydperk tot einde Desember om aan sy opvolger, Theo de Klerk, te oorhandig wat tans die bedryfshoof is.

Dieperink het in Januarie 2018 finansiële hoof geword nadat die Steinhoff-bom gebars en sy voorganger, Ben la Grange, bedank het. Die rede vir sy bedanking is belangrik omdat Heather Sonn, voorsitter van Steinhoff, op verlede jaar se jaarvergadering benadruk het dat enige direkteur “dadelik sal bedank indien die forensiese ondersoek enigiets ongewens oor hulle onthul”.

Dít was juis in antwoord op vrae van Bettina Elles, ’n Duitse prokureur wat ’n Duitse aandeelhouer verteenwoordig, oor Dieperink.

Dieperink het nie self op Elles se vrae op die jaarvergadering gereageer nie, maar Sonn het. Sonn het ook gesê dat PwC se forensiese ondersoek in daardie stadium geen van die direkteure wat verkiesbaar was op die jaarvergadering by ongerymdhede betrek het nie.

Steinhoff is Maandag per e-pos spesifiek gevra of Dieperink geïmpliseer is in die ondersoek na Steinhoff se boeke en indien nie, wat die rede vir sy bedanking is.

Die vraag is nie spesifiek beantwoord nie.

‘Mylpale is bereik’

’n Woordvoerder van Steinhoff sê soos op Dieperink se CV in die jongste jaarverslag gesien kan word, is hy 63. Spesifieke mylpale waarop daar met Dieperink ooreengekom is, is bereik. Dit het ingesluit die uitreiking van 2017 en 2018 se jaarverslae en die 2019-halfjaarverslag (wat Vrydag gepubliseer word). Die inwerkingstelling van die twee reddingsplanne oorsee om Steinhoff se skuldlas te herstruktureer, is ook amper afgehandel.

“Daarom is as deel van opvolgbeplanning besluit dit is ’n geskikte tyd om te oorhandig ná die 2019-jaarvergadering.”

Volgens die woordvoerder hou die bewoording “wedersydse instemming” met Nederlandse vereistes verband wanneer ’n direksielid vir ’n gegewe tydperk aangestel word en die tydperk voor die vervaldatum verander.

By verdere navraag of sy bedanking met die ongerymdhede verband hou, het die woordvoerder gesê hy verlaat die maatskappy omdat “hy besluit het dit is die regte tyd daarvoor, soos ooreengekom met die direksie”.

Die direksie het hom in die verklaring bedank vir sy “wesenlike bydrae”.

3de direksielid wat binne ’n jaar bedank

Dit is die derde uitvoerende direksielid wat by Steinhoff bedank sedert die jaarvergadering waarop hulle verlede jaar aangestel is.

Alexandre Nodale (41) het in April as adjunk- uitvoerende hoof bedank. Ook hy is vir ’n termyn van vier jaar as direkteur aangestel. Nodale, wat ook uitvoerende hoof van Steinhoff se Conforama-maatskappy was, het bedank nadat die Franse handelshof ’n ooreenkoms tussen Conforama en sy krediteure goedgekeur het wat die maatskappy toegelaat het om sy finansiële herstrukturering te begin.

Danie van der Merwe (61), die enigste uitvoerende direkteur wat oorgebly het nadat die bom by Steinhoff gebars het, het met ingang van 31 Desember 2018 bedank.

Steinhoff is gevra vir Dieperink se reaksie oor sy bedanking en wat die rede daarvoor is, maar ’n reaksie is nie voor ons spertyd ontvang nie.

Wie is Dieperink?

Philip Dieperink (63) is tans een van die drie lede van Steinhoff se uitvoerende direksie.

Dieperink woon in Brittanje en het sowel Suid-Afrikaanse as Nederlandse burgerskap.

Hy is in April 1956 gebore en het ’n honneursgraad in boekhouding van die Universiteit van Pretoria. Nadat hy sy graad gekry het, het hy hom in 1980 by Deloitte aangesluit en in 1983 as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer. Hy is na die belastingafdeling oorgeplaas en het in maatskappybelasting en internasionale belastingbeplanning gespesialiseer. Hy het in 1987 ’n belastingvennoot geword.

Hierna het hy Unitrans se finansiële hoof geword. Hy was langer as tien jaar hier betrokke totdat Steinhoff die maatskappy in 2017 gekoop het.

Dieperink het in September 2017 na Brittanje verhuis toe hy as finansiële hoof van Steinhoff UK aangestel is.

Dieperink het in die jaar tot einde September 2018 ’n totale vergoeding van €2,4 miljoen (sowat R38 miljoen in die huidige wisselkoers) verdien. Dit het ’n jaarlikse bonus van €300 000 en nog ’n bonus van €900 000 ingesluit.

Hy is verlede jaar aanbeveel vir ’n termyn van vier jaar tot met die jaarvergadering in 2022.

Wie is De Klerk?

Theodore de Klerk (49) is tans bedryfshoof van Steinhoff.

Hy het sy klerkskap by Ernst & Young gedoen en vier jaar daar as ’n belastingkonsultant vir maatskappye gewerk. Daarna het hy by Murray & Roberts ingeval as finansiële direkteur van sy marineboubedrywighede en vyf jaar by Gensec-beleggingsbank as deel van sy adviesspan wat op samesmeltings en verkrygings gefokus het.

Hy het hom in 2003 as ’n topbestuurslid by Steinhoff aangesluit met die verantwoordelikheid van korporatiewe adviesdienste en beleggersverhoudinge. Hy is in 2008 as uitvoerende hoof van Steinbuild aangestel en het die posisie tot 2015 beklee.

De Klerk het by tye in die direksies van verskeie bedryfsmaatskappye van Steinhoff gedien en het ’n paar strategiese projekte vir die groep bestuur.

Hy het Oktober 2017 ’n plaasvervangende direkteur vir Markus Jooste (voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff) op die PSG-groep se direksie geword.

Ook hy is op verlede jaar se jaarvergadering aangestel vir ’n termyn van vier jaar. Hy het in die boekjaar tot einde September 2018 sowat R24 miljoen in die huidige wisselkoers (€1,5 miljoen) verdien. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56%