StefStocks kry meer bestellings uit mynbou
Elvira Wood
Stefanutti Stocks (StefStocks) kla oor die stand van die konstruksiebedryf in Suid-Afrika, maar sy wins het nietemin gestyg.
In dié opsig is StefStocks een van die min uitsonderings op die reël terwyl baie mededingers verliese ly of selfs in sakeredding is. Die groep se syfers het egter ook heelwat rede tot kommer, insluitend die uitwerking van groot kliënte wat laat betaal.
Die maatskappy sê Donderdag in 'n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat hy vir die ses maande tot einde Augustus 'n bedryfswins van R125 miljoen gemaak het. Dit is 'n styging van byna 14% teenoor die bedryfswins van R110 miljoen in die ooreenstemmende tydperk.
Sy inkomste uit kontrakte het egter met 1% tot R5,1 miljard gedaal.
Sy verdienste en wesensverdienste per aandeel het onderskeidelik met 41% en 46% tot 61,76c en 60,30c gestyg. Dit is teenoor die ooreenstemmende tydperk in 2017.
Die maatskappy se bestelboek beloop tans R12,8 miljard, waarvan R3,8 miljard vir projekte buite Suid-Afrika is.
Die maatskappy se kapitaaluitgawes het met 87% tot R34 miljoen gedaal.
StefStocks sê die kontant wat bedrywighede gegenereer het, het met 18% tot R218 miljoen gedaal. Dit is hoofsaaklik omdat kliënte laat betaal.
Die randwisselkoers het R111 miljoen wins in ander omvattende inkomste in die sak gebring.
KONSTRUKSIE EN MYNWESE
Dié afdeling se bedryfswins het met 21% tot R111 miljoen bestyg. Dit was veral sy bedrywighede in die mynbousektor wat tot dié wins bygedra het.
StefStocks sê inkomste uit kontrakte het met 17% tot R2,8 miljard gestyg.
Die maatskappy sê hy kry gereeld navrae oor werk in die mynbousektor, maar nie veel wat infrastruktuur betref nie.
Hy sê hy is bekommerd oor die geld wat die regerings van Zambië en Nigerië hom lank reeds skuld.
BOUWERK
Dié afdeling is een wat swaar getrek het in die halfjaar. Sy bedryfswins het met 73% tot R6 miljoen gedaal.
Sy bedrywighede in die Verenigde Arabiese Emirate word nié hierby ingesluit nie.
StefStocks sê ongeag die laer bedryfswins presteer sy bedrywighede in Mosambiek en die kusgebiede goed.
MEGANIES EN ELEKTRIES
Dié afdeling se bedryfswins het met 700% tot R8 miljoen gestyg. In die ooreenstemmende tydperk het hy 'n bedryfswins van nét R1 miljoen gemaak.
StefStocks sê dié afdeling se toekoms lyk beter met verskeie bestellings wat uit die mynbousektor ontvang is.
IN SYFERS
• Wesensverdienste styg met 80% tot R101,5 miljoen
• Wesensverdienste per aandeel styg met 46% tot 60,30c
• Verdienste per aandeel styg met 41% tot 61,76c
• Geen tussentydse dividend
• Inkomste daal met 1% tot R5,1 miljard
• Bedryfswins styg met 14% tot R115 miljoen
• Verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) styg met 20% tot R240,8 miljoen.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie