Steenkool buig die knie voor sonkrag
Steenkool buig die knie voor sonkrag

Steenkool buig die knie voor sonkrag

Estelle de Bruyn
In sommige dele van die wêreld is sonkrag nou goedkoper as krag wat met steenkool opgewek word.

Daar word voorspel dat sonkrag in die toekoms waarskynlik enige plek ter wêreld die goedkoopste manier sal wees om krag op te wek.

Lande soos Chili en die Verenigde Arabiese Emirate het in 2016 rekords gebreek met ooreenkomste om sonkrag vir minder as $0,03 per kilowattuur op te wek. Dit is die helfte van die gemiddelde koste om krag uit steenkool op te wek.

Saoedi-Arabië, Jordanië en Mexiko beplan vanjaar veilings en tenders met die doel om die pryse selfs laer te dwing.

Die prys van sonkrag het sedert 2009 met 62% gedaal met elke deel van die voorsieningsketting wat kostes besnoei.

Dit het gehelp om risikopremies op banklenings te verlaag en het vervaardigingskapasiteit tot rekordvlakke verhoog.

Volgens Bloomberg New Energy Finance kan dit teen 2025 wêreldwyd goedkoper wees om sonkrag op te wek eerder as om steenkool te gebruik.

“Hierdie syfers kan die spel heeltemal verander en dit word in meer en meer markte as die normaal beskou,” sê Adnan Amin, direkteur-generaal van die Internasionale Hernubare Energieagentskap (IHEA) in Abu Dhabi.

“Jy verlaag die prys met 20% elke keer wanneer jy kapasiteit verdubbel.”

Beter tegnologie was die sleutel tot die sukses om die sektor te steun en sluit die gebruik van diamantdraadsae in wat skyfies vir sonkragselle baie beter kan sny. Dié skyfies verskaf baie meer krag vir dieselfde hoeveelheid krag.

Dit is ook aangedryf deur skaalvoordele en produksie-ervaring sedert die sonkragoplewing meer as ’n dekade gelede begin het en die sektor ’n toenemend mededingende voordeel bo fossielbrandstowwe gee.

Die gemiddelde eenmegawatt-plus-sonkragstelsel wat op die grond gemonteer is, sal teen 2025 $0,73 per watt kos teenoor die $1,14 wat dit tans kos, sê Jenny Chase, hoof van sonkrag by New Energy Finance.

Dit stem ooreen met ander ramings.

Toekoms

In sommige dele in die suidweste van Amerika gaan sonkrag binnekort $1 per watt bereik en mag teen 2021 tot $0,75 daal, sê JM Shiao, ’n ontleder by GTM Research.

Die IHEA verwag teen 2025 ’n daling van tussen 43% en 65% in sonkragkoste. Dit sal ’n totale daling van tot 84% sedert 2009 meebring.

Sami Khoreibi, stigter en uitvoerende hoof van Enviromena Power Systems in Abu Dhabi, sê die verskaffing van sonkrag ervaar ’n “Wal-Mart-effek” van hoër volumes en laer marges.

Die pas waarteen die koste van sonkrag gaan daal tot onder dié van krag wat uit steenkool opgewek word, verskil van land tot land.

Lande wat steenkool invoer of koolstofbelasting hef soos Europa en Brasilië, sal dié oorskakeling in die 2020’s – indien nie vroeër nie – ondervind. Dit sal langer vat in lande soos Indië en China, waar groot plaaslike steenkoolreserwes is.

China, die grootste mark vir sonkrag, sal teen 2030 die prys vir sonkrag tot onder dié van steenkool sien daal, voorspel New Energy Finance.

Dié land het Duitsland verbygesteek as die nasie met die grootste geïnstalleerde kapasiteit. Die regering wil uitstootgasse verlaag en moedig huishoudings aan om skoon energie te gebruik. Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.15/OZ UP +0.16% | Copper US$ 4.44/lb UP +0.73% | Zinc US$ 2 811.10/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 87.85/BBP DOWN -0.0055 | Platinum US$ 901.71/OZ DOWN -0.009 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.15/OZ UP +0.16% | Copper US$ 4.44/lb UP +0.73% | Zinc US$ 2 811.10/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 87.85/BBP DOWN -0.0055 | Platinum US$ 901.71/OZ DOWN -0.009