Steelfoto’s wys glo goedkoper iPhone Xc

12 September 2018 | Sakenuus
Petrus Malherbe – Apple stel Woensdag sy jongste reeks iPhones bekend.

En te midde van intense bespiegelinge in iPhone-kringe oor wat ’n mens kan verwag, het daar nou nuwe steelfoto’s op sosiale media opgeduik wat glo die nuwe iPhone Xc wys.

Dit is glo die meer bekostigbare kleinboet van die bestaande iPhone X, wat ’n jaar gelede die lig gesien het.

Na wat berig word is die Xc goedkoper as die X omdat die meer bekostigbare LCD-tegnologie eerder as die X se OLED-tegnologie vir die skerm gebruik word.

Die grootste verrassing wat die steelfoto’s verklap, is die kleure waarin Apple die Xc beskikbaar gaan stel. Die drie modelle op die steelfoto’s is onderskeidelik ’n donkerrooi, byna maroen, spierwit en vlootblou.

Mashable sê dit is interessant dat Apple die nuwe foon die Xc noem, eerder as die iPhone 9, soos daar verwag is.

Apple het ’n paar jaar gelede die iPhone 5c uitgereik, ook ’n goedkoper weergawe van sy vlagskip-naamgenoot.

iPhone Xc (6.1” LCD) clones/dummy models in new colors. pic.twitter.com/RybRhE7XSO

— Ben Geskin (@VenyaGeskin1) September 6, 2018

Buiten vir die Xc gaan Apple Woensdag na verwagting nog twee slimfone bekend stel. Een is ’n kloon van die iPhone X, maar met ’n beter verwerker (wat glo die Xs genoem sal word), en die ander is ’n iPhone X met ’n nog groter skerm (die Xs Max)

Apple stel ook sy jongste slimhorlosie, die Watch Series 4, op Woensdag se geleentheid in die Steve Jobs-teater in Cupertino, Kalifornië, bekend.

Die nuusblad 9to5Mac het ook steelfoto’s van dié horlosie wat wys die Series 4 gaan beduidend dunner wees as sy voorgangers. Die horlosie se skerm is ook groter en maak nou gebruik van die jongste OLED-tegnologie.

Die maatskappy sal ook na verwagting die nuutste weergawe van sy bedryfstelsels vir slimfone, slimhorlosies en Mac-rekenaars Woensdag aankondig.

’n Nuwe platform waarop jy jou slimfoon, slimhorlosie en oorfone koordloos kan herlaai, word ook verwag. Dit gaan glo die AirPower genoem word. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Dorpe se ouditverslae volgende week bespreek

8 ure gelede | Regering

Die Nasionale Raad se staande komitee vir openbare rekeninge en die ekonomie vergader aanstaande week met streeksrade en plaaslike owerhede om die uitslae van die...

Serfonteins se bedrogverhoor geskei nadat Stephanie skuld beken

9 ure gelede | Howe

'n Voormalige senior administrateur van Ferrodrill Namibia het vandag in die hoërhof in Windhoek erken sy het tussen Oktober 2009 en Julie 2012 bedrog gepleeg...

'Gee vals Psemas-kaart terug'

11 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van finansies het ’n vrywillige grasietydperk aangekondig vir mense in besit van vals kaarte van die staat se mediese fonds (Psemas), of wat...

Dooie pikkewyne op Ichaboe-eiland gevind

11 ure gelede | Omgewing

Agt dooie Afrika-pikkewyne is die laaste drie weke op Ichaboe-eiland naby Lüderitz. Ichaboe is die buureiland van Halifax waar meer as 350 pikkewyne aan die...

Belastingsonde met die bure

23 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy Die hoër sondebelasting wat die Suid-Afrikaanse minister van finansies, mnr. Tito Mboweni, gister in sy begroting aangekondig het, beteken Namibiërs gaan van 1...

‘Kersfees’ vir onwettige loterye verby

23 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - Kersfees is verby vir diegene wat onwettige sportboerpotte en gelukstrekkings hou en loterykaartjies aan minderjariges verkoop.Dít wanneer die nuwe Loterywet van 2017...

Mangaan-uitvoere kry groen lig

23 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) het ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) aan die Suid-Afrikaanse maatskappy TradePort Namibia CC uitgereik. Dié maatskappy...

Dorpe se leierskapsvrae gepak

23 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Die regerende party het Maandag ’n dringende vergadering by hul hoofkantoor in Windhoek gehou, waartydens besluit is raadslede wat onlangs vir Rundu...

Weer vir 21 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...