Statebondsoldate op Swakopmund herbegrawe

15 November 2017 | Geskiedenis
Die beëindiging van die Eerste Wêreldoorlog is Sondag op ­Swakopmund herdenk.

Die Statebond se kommissie vir oorlogsgrafte (CWGC) het by die geleentheid 'n hertoewyding vir die oorskot van statebondsoldate wat in die Tweede Wêreldoorlog (WOII) gesterf het, en ook 'n herinneringsdiens gehou.

Die CWGC en verteenwoordigers van die diplomatieke sendings van Brittanje, Suid-Afrika en Duitsland het die geleentheid in die Swakopmundse munisipale begraafplaas bygewoon. Soos wêreldwyd in statebondslande die geval is, het die verrigtinge om 11:00 begin.

By die geleentheid is die grafte hertoegewy van 12 slagoffers van WOII wat onlangs op Walvisbaai opgegrawe en op Swakopmund herbegrawe is. Agt van die ontslape soldate was Suid-Afrikaners en vier het in die Britse koninklike vloot gedien.

By die geleentheid het die Britse verdedigingsattaché, kol. Alan Litster OBE RM, gesê: “As die nie-inwonende verdedigingsraadgewer vir Namibië was dit 'n groot eer en voorreg om die Verenigde Koninkryk se ministerie van verdediging en die Britse hoëkommissariaat in Namibië by hierdie hertoewyding en herinnering­seremonie te verteenwoordig.

“Dit maak 'n mens nederig om te sien op hoe 'n respekvolle wyse die oorskot van dienspersoneel van die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika ter ruste gelê is in die pragtige omgewing van die Swakopmundse munisipale begraafplaas. Ek is besonder dankbaar vir die CWGC en die Namibiese regering vir hul bystand by hierdie belangrike geleentheid," het hy gesê.

Wapenstilstandsdag word jaarliks op 11 November herdenk om die dag in 1918 toe die gevegte in die Eerste Wêreldoorlog beëindig is, in herinnering te roep. Die geallieerde magte en Duitsland het om 05:00 'n wapenstilstandsooreenkoms in 'n treinkompartement in die Woud van Compiegne in Frankryk onderteken en om 11:00 is gevegte beëindig. Koning George V het in 1919, vier dae voor die eerste herdenking van Wapenstilstandsdag, aangekondig dat twee minute van stilte waargeneem sal word. Dit word elke jaar op die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand gedoen.

Soortgelyk

 

Houtsage verdiep

3 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het tot gistermiddag tyd gehad om vier besendings hout aan New Force Logistics te oorhandig.Indien nie, gaan mnr. Kadhila...

Eers staat, dan privaat

3 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Namibiese en buitelandse gesondheidslui wat in Namibië wil praktiseer, sal met die nuwe wet op gesondheidsberoepe eers in die openbare sektor diens...

Sterker storms woed teen betonreus in die Mole

3 ure gelede | Plaaslik

Des Erasmus - Die ministerie van presidensiële aangeleenthede is blykbaar ‘n nuwe swaargewig in die kryt teen die koms van ‘n kleindorpse wolkekrabber van 10...

Kort nuus - Misdaad

3 ure gelede | Misdaad

OkatopePasgebore baba in toilet gegooi'n Graad 10-leerling (21) is vir die verberging van ’n geboorte in hegtenis geneem ná 'n 11-jarige meisie Saterdagmiddag op bloeddeurweekte...

Weer vir 20 Februarie 2018

3 ure gelede | Weer

VOORUITSIGTE

TransNamib must grow own business, says new boss

3 ure gelede | Vervoer

MW: In the middle of last year, Minister Leon Jooste described TransNamib as “very complicated, in a traumatic period”. It is pivotal to the economy...

Namibiese weermag skuldig aan staatskaping, sê PDM

3 ure gelede | Plaaslik

Die Popular Democratic Movement (PDM) het sy skok oor die aankoop van die luukse Oropoko Lodge teen N$45 miljoen deur die ministerie van verdediging uitgespreek.Volgens...

Twee aardbewings in een week

3 ure gelede | Weer

Namibië het verlede week onder twee ligte aardbewings deurgeloop.Die een het op 13 Februarie om 23:40 sowat 100 km noordwes van Kamanjab voorgekom. Dit het...

Popa Falls Resort - poort na die Noordooste

3 ure gelede | Toerisme

Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Popa Falls Resort is een van agt ­inskrywings vir Namibia Media ­Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-­toekennings (RTA) vir 2018. Popa...