Starbucks eers in 2018 in Kaap
Taste Holdings wil hê die eerste Starbucks-tak in Kaapstad moet ’n ikoniese winkel wees, so om ’n geskikte perseel vir die koffiewinkel te vind, is nogal ’n uitdaging, sê Carlo Gonzaga, uitvoerende hoof.
Ondanks die halfjaar tot einde Augustus waarin Taste ’n verlies van R65,9 miljoen gely het teenoor ’n verlies van R34 miljoen ’n jaar gelede, is dit juis sy internasionale handelsname – Starbucks en die pizzagroep Domino’s – wat nog relatief goed vaar te midde van ’n bedrukte verbruikersomgewing.
Taste se jongste syfers wys sy plaaslike kitskoshandelsname – die braaihoendergroep Zebro’s, die viswinkel the Fish & Chip Shop en die Maxi’s-gesinsrestaurante – se verkope het skerp geval.
Sy aandeelprys op die JSE was Donderdagoggend 4,3% laer op 89c.
Ook Taste se afdeling vir luukse goedere het in die halfjaar veel swakker as verwag gevaar. Die afdeling – wat die juweliershandelsname NWJ, Arthur Kaplan en World’s Finest Watches insluit – se verkope het met 15% geval op die grondslag van vergelykbare winkels. Gonzaga skryf dit toe aan die sikliese aard van luukse goedere, asook die makro-ekonomiese onsekerheid in die land, die relatiewe sterkte van die rand en minder besteebare inkomste.
Die afdeling vir luukse goedere het in die ooreenstemmende halfjaar ’n bedryfswins van R21,7 miljoen getoon en het gehelp om die verliese van die kosafdeling teen te werk.
Maar hierdie keer was die afdeling self in die moeilikheid met ’n bedryfsverlies van R796 000.
Hoewel Taste vroeër aangedui het hy wil die luuksegoedere-afdeling verkoop, het die groep intussen besluit dis nie nou ’n goeie tyd om daarvan te probeer ontslae raak nie. Daar sal eerder nou daarop gefokus word om die onderneming beter te bestuur.
Die kosafdeling se bedryfsverlies het vergroot van R53 miljoen tot R61,5 miljoen.
Voëlgriep
Gonzaga verduidelik die plaaslike handelsname en veral die hoenderafdeling Zebro’s het in die halfjaar swaargekry. Die internasionaal bekende pizzaplek Domino’s se vergelykbare verkope het met 1% geklim, maar die plaaslike handelsname se verkope was 8,6% laer.
Volgens Gonzaga raak die landwye uitbreek van voëlgriep onder pluimvee nog nie Zebro’s se regstreekse hoendervleisverskaffers nie, maar Taste hou die situasie fyn dop en dit kan die hoenderkitskosbedryf raak as voëlgriep voortduur.
Hy verduidelik Zebro’s is swaarder getref deur die druk op verbruikersbesteding as Maxi’s of The Fish & Chip Shop.
Oor Starbucks sê Gonzaga die groep mik om teen die einde van die jaar tien takke te hê van die beroemde koffiewinkel wat in 1971 in Seattle in Amerika begin is.
Die plan is om volgende jaar nog 12 takke te open, maar finansiering moet nog gevind word. Taste kan binne die volgende maand meer duidelikheid oor die finansieringsopsies hê.
Hoewel hy al voor einde vanjaar ’n tak in Kaapstad wou hê, word nou gemik na die eerste helfte van volgende jaar. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie