Stappe by Covid-drywer se stoppe

27 May 2020 | Gesondheid
Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang en die gebou Maandag ontsmet.

Dít kom nadat inwoners van die hawedorp kommer uitgespreek het oor die vragmotorbestuurder wat kwarantynregulasies oortree en onder meer die bank besoek het.

Standard Bank het in 'n verklaring gesê hul Walvisbaai-tak is intussen ontsmet en die personeellede wat tydens sy besoek aan diens was, is tans in selfkwarantyn.

Volgens die lorriebestuurder het hy op 11 Mei vanaf Suid-Afrika na Walvisbaai teruggekeer. Hy het op dié dag 'n brief van sy werkgewer, FP du Toit Transport, ontvang waarin hy toestemming gegee is om om 'n lening aansoek te doen aangesien hul salarisse met 50% verminder is.

Volgens me. Magreth Mengo, die bemarking- en kommunikasiehoof by Standard Bank, het hulle deur kringtelevisiebeeldmateriaal vasgestel die bestuurder het die tak op 12 Mei tussen 12:20 en 13:50 besoek.

“Sy hande is ontsmet voor hy die gebou binnegegaan het en hy het heeltyd 'n masker gedra. Hy het sy naam en kontakbesonderhede op die kliënteregister ingevul soos die standaardprosedure van ons Covid-19-beheerplan vereis.”

Mengo het gesê gedurende sy besoek was daar nie meer as tien kliënte in die bank nie.

“Terwyl hy binne die bank was, het hy in kontak met vyf personeellede gekom. Toe ons op 23 Mei ingelig is Geval 21 het ons tak besoek en het positief vir die coronavirus getoets, het ons saam met die regering se Covid-19-taakspan en -mediese span gewerk om al die besonderhede van sy besoek te deel, asook ander inligting wat nodig is om diegene met wie hy dalk in kontak gekom het, op te spoor.”

Mengo het gesê die Walvisbaai-tak is Maandag ontsmet ter voorbereiding van die heropening gister.

“Al die personeellede is vervang wat tussen 12 en 23 Mei in die bank gewerk het. Hulle is tans in selfkwarantyn en moet dringend getoets word.”

Mengo sê dit was gister 14 dae sedert die vragmotorbestuurder se besoek aan die tak.

“Alhoewel ons personeellede nog nie Covid-19-simptome getoon het in die 14 dae nadat die kliënt ons tak besoek het nie, sal ons dié personeellede laat toets,” het Mengo gesê.

Sy het beklemtoon die veiligheid en gesondheid van hul kliënte en personeel bly hul eerste prioriteit in die stryd teen die Covid-19-pandemie.

“Die bank het sedert die noodtoestand aangekondig is streng gesondheid- en veiligheidsmaatreëls by hul takke landswyd toegepas. Dié maatreëls sal verskerp en verder toegepas word. Kliënte se hande moet by alle ingange ontsmet word en hulle moet maskers dra wanneer hulle die geboue binnegaan. Al ons personeellede word verplig om maskers en hand­skoene te dra. Ons ontsmet alle oppervlaktes en OTM's op 'n gereelde basis en glaspanele is by toonbanke en ontvangsareas opgerig om as afskortings tussen personeel en kliënte te dien.

“Die bank pas sosiale afstand streng toe en sosiale afstand-tekens wat duidelik gemerk is, is binne en buite ons fasiliteite geplaas.”

Die raadslid vir stedelike kiesafdelings en voorsitter van die Erongo-streekkomitee vir ramp- en risikobestuur, mnr. Knowledge Ipinge, dring intussen steeds aan op die sluiting van Walvisbaai se Standard Bank- en FP du Toit-takke.



Op die trokdrywer se spoor

Die toesighouer by die OK Express

op Gobabis waar 'n Covid-19-geval vroeër vandeesmaand aangedoen het, mnr. Steffan Bam, sê hulle hande is skoon.

Oor of hulle maatreëls in plek het om na die veiligheid en gesondheid van hul werknemers en klante om te sien, het hy gister gesê: “Natuurlik het ons, ja. Ons het dit al gedoen toe dié Covid-besigheid begin het.”

Bam sê hulle neem daagliks alle personeellede se liggaamstemperatuur.

Albei skofte se spanne dra ook deurgaans maskers, sê hy.

Sedert gister hou hulle ook by elke betaalpunt 'n boek by waarin klante hul naam en selfoonnommer skryf.

Klante word vereis om maskers te dra en hul hande word by die deur ontsmet, sê Bam.

Hiernaas moet sosiale afstand gehandhaaf word en slegs 10 klante word op 'n slag in die winkel toegelaat, sê hy.

Hoewel nagenoeg 30 personeellede op 'n slag werk, is almal nie in een vertrek nie, sê hy.

Bam sê hy was nie uit die veld geslaan oor die vragmotorbestuurder se besoek aan hul winkel nie. “Man, nie eintlik rêrig geskok nie, want daar kom verskriklik baie lorriedrywers omdat ons etes so gewild is.”

Me. Esther Auala, kommunisiebeampte van QKR Namibia Navachab Gold Mine, sê hulle is bewus van die vragmotorbestuurder se besoek aan hulle.

Sy het onderneem om in 'n latere stadium meer besonderhede te verskaf.

[email protected] /

[email protected]

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

4 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

4 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

7 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

7 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

18 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

18 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...